profile pic

Ons – ek en jy – is die eintlike taalmakers

Vrydag 21 Junie 2019 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

Hierdie 139e rubriek van my is my laaste Beeldrubriek. Want daar is mos ʼn ou oerwoudgesegde wat lui: “139 is ʼn mooi ronde getal.” En as dit nie rede genoeg is om die pen vir eers neer te lê nie, dan berus ek my graag by Langenhoven: Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

In die eerste rubriek van 23 Januarie 2016 het ek geskrywe dat hierdie rubriek sal handel oor Afrikaans se taalmakers: ek en jy wat daagliks Afrikaanse e-posse skryf, die leksikograwe en terminograwe, die subredakteurs en vertalers, die skrywers van liedjies en eposse. Oor die woordwisseling van alle Afrikaanstaliges wat talig besig is om die taallig brandend te hou.

Oor ʼn tydperk van byna drie en half jaar (en meer as 650 werksuur later) het ek oor almal van ons se taalgebruik probeer skryf. En ek het – op Beeld se rug, met dankbaarheid – veel geleer. ʼn Paar van die veranderinge in my eie gedagtegoed:

LEES VERDER
profile pic

Van poetoe gepraat

Woensdag 19 Junie 2019 Geplaas deur Sophia Kapp

Ek kry in die week ʼn navraag van ʼn gebruiker: Beteken die woord poetoe in Afrikaans 'stywepap' of 'krummelpap'? Dit lyk na ʼn onbenullige vragie, maar ek weet sommer in my Afrikaanse gebeente hierdie een moet ek nie ligtelik opneem nie. Pappraatjies, het ek al geleer, is ʼn ding wat óf oorkook óf aanbrand.

LEES VERDER
profile pic

Deund, wrik, hekel en snert

Vrydag 14 Junie 2019 Geplaas deur Jana Luther

fossielWat het die volgende woorde met mekaar gemeen? Ondeund. Onwrikbaar. Ontluik.

Wel, eerstens is al drie komplekse woorde. Dit is woorde wat uit meer as een woorddeel bestaan. (Morfoloë, wat die vorm en konstruksie van woorde bestudeer, noem sulke woorddele “morfeme”.)

LEES VERDER
profile pic

Dié "die" is die opsionele "die"

Donderdag 06 Junie 2019 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

Vra Jakkie Groenewald die afgelope week: “Ek het nog altyd ‘op die hoogte van sake’ gebruik, maar ‘op hoogte van sake’ blyk deesdae meer algemeen te wees. Is dit korrek/aanvaarbaar?”

Die kort antwoord is dat albei aanvaarbaar is. Die langer antwoord is natuurlik die interessanter ene – ten minste vir my en die ander agies.

Ons kan so half informeel en niewetenskaplik sê dat Afrikaans tradisioneel ʼn “lidwoordtaal” is. Dit is maar gewoon ʼn manier om te sê dat Afrikaans in die verlede lidwoorde in segswyses ingesit het waar ʼn taal soos Engels dit dalk nié sou doen nie.

LEES VERDER
profile pic

Pampoen tot pampoesie

Maandag 03 Junie 2019 Geplaas deur Jana Luther

pampoen“Aanskou hierdie pampoen. Die helder, klewerige diamantdruppeltjies sit nog aan die stingel waar jy hom gesny het. Mooi woord, ‘pampoen’. Dis so pammerig en poenerig. Dit voel sommer swaar.” So begin Marthinus Versfeld se ode aan die pampoen in Borde, borde, boordevol, Hennie Aucamp se versameling essays en verhale oor kos.

Ligvaal, wit en donkergroen, goudgeel, oranjerooi. Gestoof, gekook, gebak, gebraai. Of kaboe gaargemaak – net so in die skil (nes kaboeaartappels of -patats).

Eet jou pampoen, dit laat jou hare krul, het die ou mense gesê.

LEES VERDER

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK