Die taalkunde as studieveld

Geplaas deur Gerhard van Huyssteen Donderdag 16 Julie 2015
Gepubliseer in Nuus;

Taalkunde (oftewel linguistiek) as vakgebied het baie interessante vertakkings. Hier is 'n paar voorbeelde met eenvoudige verklarings:

  • Psigolinguistiek: hoe taal in mense se koppe (psige/verstand) verwerk word (byvoorbeeld aangeleer word)
  • Neurolinguistiek: hoe taal in die brein verwerk word (d.i. die fisiologiese prosesse)
  • Sosiolinguistiek: hoe taal in verskillende gemeenskappe ("societies") gebruik word
  • Rekenaarlinguistiek: hoe rekenaars taal verwerk (in Engels "computational linguistics")
  • Korpuslinguistiek: 'n metodologie wat gebruik word om patrone in groot versamelings taal (in korpusse) te soek
  • Forensiese linguistiek: 'n metodologie wat gebruik word om die skrywer van 'n teks te identifiseer
  • Historiese taalkunde: hoe 'n taal ontwikkel. 'n Spesifieke onderdeel is die etimologie, wat die ontwikkeling van woorde en hulle betekenis bestudeer.
  • Vergelykende taalkunde: 'n metodologie om ooreenkomste en verskille tussen tale te bestudeer.

Prof Gerhard van Huyssteen

Lees 2608 tye

1 kommentaar

  • Kommentaarskakel Corrie Geldenhuys Sondag 19 Julie 2015 11:17 geplaas deur Corrie Geldenhuys

    Baie dankie vir al die interessante inligting op Viva - ook hierdie

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK