Vraelys

Geplaas deur Sophia Kapp Dinsdag 08 Desember 2015
Gepubliseer in VivA;

Oor die tussen(in)klank in Afrikaans

Benito Trollip

In Germaanse tale soos Afrikaans en Nederlands is die proses van samestelling besonder produktief en algemeen om nuwe woorde te vorm. Dink byvoorbeeld aan woorde soos duifdak(die dak by my huis waarop die duiwe graag sit’), of orgideëoorplanting (‘die jaarlikse proses om my orgideë oor te plant in ander houers’). En natuurlik kan samestelling rekursief (herhaaldelik) toegepas word in Afrikaans om woorde soos duiwedakskoonmaakprosesbeplanning te maak (al gebeur dit nie baie nie). 

In sommige samestellings kom daar ʼn sogenaamde valensiemorfeem (ook genoem ʼn tussenklankofinterfiks) voor, soos die -e-tussen eend en dam in eendedam en die -s-tussen handel en ooreenkoms in handelsooreenkomsWat is die nut en doel van hierdie tussenklanke? Is daar ʼn verskil tussen eenddam en eendedamEn kan ons praat van ʼn handelooreenkoms, of moet dit handelsooreenkoms wees? Is daardie -s- regtig noodsaaklik?

Op die oomblik doen ek navorsing oor die valensiemorfeem en spesifiek of dit nog produktief gebruik word in Afrikaans wanneer samestellings gevorm word. Ek het groot asseblief tien minute van jou tyd nodig om my te help om ʼn vraelys in te vul. Jy hoef niks te skryf nie – dis alles net veelkeusevrae.

Volg gerus hierdie skakel (https://qtrial2013.qualtrics.com/SE/?SID=SV_8BXl1FvXJrtQBhzom deel te neem aan my vraelys. Jy kan kies om veertig vrae (minder as tien minute) of tagtig vrae (minder as vyftien minute) te beantwoord. Ek sal dit regtig baie waardeer as jy bereid sou wees om tagtig vrae te beantwoord. Indien daar enige vrae of kommentaar is, voel vry om my te kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

By voorbaat dankie vir jou hulp!

 
Lees 1751 tye Laaste modifikasie op Maandag 11 Januarie 2016 06:20

1 kommentaar

  • Kommentaarskakel HENK VILJOEN Donderdag 10 Desember 2015 09:26 geplaas deur HENK VILJOEN

    Gaaf om Benito se naam te sien. OudKempie en oudleerling van my en my vrou.

    Trots op jou Benito.

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK