Afrikaans vir Almal

Geplaas deur Sophia Kapp Donderdag 10 Desember 2015
Gepubliseer in VivA;

WEN met VivA!

ʼn Belangrike nuwe naslaanbron vir leerders, Afrikaans vir Almal deur Isabel Uys, het onlangs verskyn. Dit word uitgegee deur NB Uitgewers

Hierdie splinternuwe titel is die eerste taalnaslaanbron wat KABV-gebaseer is. Dit

bestaan uit twee dele. Die eerste deel sluit taalreëls en naslaanlyste in, en die

tweede deel bevat algemene kennisfeite oor Suid-Afrika en die res van die

wêreld.

KABV-vereistes vir Afrikaans Huistaal en Eerste en Tweede Addisionele Taal

vorm die basis vir die onderwerpe wat in dié boek bespreek word. Hierdie

onderwerpe sluit onder meer die volgende in: punktuasie, sametrekkings,

woordsoorte, letterlike en figuurlike betekenis, geluide van dinge en diere, tye,

sinonieme en antonieme, homonieme en homofone, en leenwoorde, om maar ’n

paar te noem. Dit bevat ook ’n lys met handige literêre terme soos hiperbool,

klanknabootsing en personifikasie, sowel as nuttige notas oor skriftelike werk.

Die tweede deel van die boek fokus op algemene kennisfeite soos die nasionale

simbole van Suid-Afrika, wie die wêreldleiers is, en groot uitvindsels van die

wêreld.

Oor die skrywer:

Isabel Uys is ’n oudonderwyseres en -skoolboekkeurder van Stellenbosch. Sy is die samesteller van ’n hele aantal studiegidse, veeltalige woordeboeke en feitegidse. Sy het twee ATKV-pryse verower. Baie van haar boeke is topverkopers en sommige is meer as 16 keer herdruk en bygewerk.

Prys: R245

Skakel met Henk Viljoen by NB Skolebemarking vir meer inligting. Sy adres is: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Wen ʼn kopie!

ʼn Gelukkige VivA-gebruiker kan ʼn kopie van hierdie bron wen. Hou ons Facebook-blad dop vir besonderhede en skryf op ons kompetisieblad in.

Lees 1868 tye Laaste modifikasie op Donderdag 10 Desember 2015 08:11

1 kommentaar

  • Kommentaarskakel Toni Matthee Vrydag 11 Desember 2015 16:46 geplaas deur Toni Matthee

    Ek wil die boek met 'n seer hart hê, ek soek altyd iets nuuts om uit te werk met die kinders.

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK