Van Seepunt tot Bellville – elke deurgang omskryf

Geplaas deur VivA-redaksie Donderdag 18 Julie 2019
Gepubliseer in VivA;

SeepuntUit Die Burger, 16 Julie 1959

’n Woordvoerder vir Kaapstad het gesê dit hang van persoonlike voorkeur af of dit straat of weg sal wees. Die naam plus road klink dikwels beter as “street” agter die naam.

In Seepunt met al sy werklike strate en straatjies is daar amptelik net een straat – die eensame Surf Street wat hom mismoedig teen die see doodloop.

Die res is “roads” (weë) of swierige Franse avenues – soos Avenue de Longueville, Avenue des Huguenots, Avenue Fontainebleau, Avenue Coeur de Lion, en selfs Avenue Koosant, wat minder Frans klink.

 In Kaapstad is dit in hoofsaak ’n kwessie van die mooi klank, het die woordvoerder gesê. Daar is geen beginsels of beleid wat naamgewing betref nie.

Uit Bellville kom ’n ander geluid. Daar word weg net gebruik as dit na ’n ander dorp lei – soos Durbanvilleweg, Strandweg en Voortrekkerweg, wat die voorstede verbind.

Die meeste ander is bloot strate, hulle lei van een straat na ’n ander.

Dié wat doodloop, word soms weides genoem, byvoorbeeld Groeneweide. Dis Nederlands van oorsprong. ’n Onbelangrike doodloopstraat waar koeie wei of kinders speel.

Bellville se woordvoerder meen die benaming laan moet net gebruik word waar dit pas – waar daar ’n laning is. Moontlik het Bellville se lanings vroeër almal werklik lanings gehad. Maar dié benaming moet nie verder veralledaags word nie.

So sal daar ’n omskrywing wees vir elke soort deurgang: die singels met hul begin- en eindpunt in dieselfde straat, die nou stegies tussen die hoë geboue deur, die rylane, die paaie, weë en strate.

Maar Seepunt het net welluidende avenues, ’n menigte roads – selfs ’n Main Drive Road – en die patetiese Surf Road.

Lees 634 tye Laaste modifikasie op Donderdag 18 Julie 2019 14:17

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK