abbagemeenskap, ’n gemeenskap van mense wat mekaar “dra” en ondersteun.
bullebakkie, ’n bielie van ’n bakkie (raakgesien in Weg!).
cisgender, met ’n genderidentiteit wat pas by die geslag wat by sy/haar geboorte geïdentifiseer is.
damprook, die dampe van ’n damptoestel of e-sigaret inasem en uitblaas.
ekobaksteen, ’n plastiekbottel gevul met niebioafbreekbare rommel, as boumateriaal gebruik.
fleksitariër, iemand wat net af en toe vleis en/of ander produkte van diere eet, maar (anders as vegetariërs en veganiste) diereprodukte nie heeltemal vermy nie.
gedragsbank, ’n bank wat vir goeie finansiële gedrag sy kliënte met finansiële voordele beloon.
handblitser, ’n elektriese handtoestel vir die meng, kap en fynmaak van kos.
internet van dinge, ’n netwerk toestelle wat met mikroskyfies toegerus en aan die internet gekoppel is sodat hulle van ’n afstand beheer kan word en ook selfstandig kan kommunikeer en werk.
je ne sais quoi, (uit Frans) vir ’n moeilik beskryfbare kwaliteit.
kweekvleis, vleis wat kunsmatig in ’n laboratorium of fabriek uit stamselle van diere gekweek word.
malediktologie, die studie van vloektaal, vloekwoorde en vloekgedrag.
noenoes, mooi; oulik; fraai.
omgewingsangs, angs oor die onomkeerbare skade wat ons die aarde berokken.
plastieksop, groot hoeveelhede plastiekafval wat deur seestrome byeengespoel word.
raka’at, buigingsritueel tydens ’n Moslemgebed.
skopskeloelie, speletjie waarby die deelnemers ’n bal na gapings tussen hulle skop.
twansie, meegee; omval; in duie stort.
umngqusho, (uit Xhosa) stampmielies en bone.
voufoon, selfoon met ’n skerm wat soos ’n boek in die helfte kan vou.
woongaping, verskil in woongeleenthede vir ryk en arm mense.
yuppifikasie, stelselmatige verandering (gentrifisering) van ’n arm woonbuurt deur mense met meer geld wat daar kom woon en/of sake doen.
’n Verkorte weergawe van hierdie blog verskyn op 30 Augustus 2019 in die rubriek "Woordwisseling" in