VIVA SE BLOGS

Spoor 'n afkorting op

Geplaas deur Sophia Kapp Maandag, 31 Mei 2021
Gepubliseer in Nuus;
Trefwoorde: afkortings, VivA-app
  • Daar bestaan twee weergawes van ons app: 'n vanlyn weergawe en 'n aanlyn weergawe Jy kry via ons aanlyn app gratis toegang tot die afkortingslys in die AWS. As jy via die app ingeteken het op die HAT en WAT, kan jy ook in dié bronne naslaan.
  • Tik die volvorm van die woord in, bv. "meneer".
  • Die app gee vir jou 'n lys bronne waarin die trefwoord voorkom. Klik op AWS (2017): Lys van afkortings en simbole.
  • Die afkorting (mnr.) word saam met die volvorm gegee.
  • Onthou van hoofstuk 3 in die AWS waar die wisselvorme Van sekere afkortings bespreek word.
  • Die vorm in die afkortingslys is die voorkeurvorm (die vorm waarvan die meeste mense hou). Die vorm met die punt (mnr.) is dus gebruikliker as die vorm daarsonder (mnr), daarom is slegs die vorm met die punt in die afkortingslys, maar albei is korrek.
  • Indien daar nie 'n afkorting vir 'n woord in die lys is nie (bv vir die woord.onderwyser) beteken dit daar is nie gestandaardiseerde afkorting opgeteken nie.
  • Jy mag wel enige woord afkort. Kyk dan in hoofstuk 3 van die AWS hoe om dit te doen.
  • So 'n afkorting is nie opgeteken of gestandaardiseer nie, wat beteken 'n mens sal dit aan die begin van 'n teks (byvoorbeeld 'n jaarverslag) moet definieer.
  • Dis ook onbillik om so 'n ongestandaardiseerde afkorting in 'n toets of eksamenvraestel as 'n antwoord te verwag.
As jy met die app regkom nie, stuur 'n navraag aan ons voltydse taaladviseur by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of per whatsapp na 062 126 0295.
 
VivA-groete
 
Sophia
Lees 472 tye Laaste modifikasie op Maandag, 31 Mei 2021 13:47

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.


NUUSARGIEF

FACEBOOK