profile pic

Hoe heet u? En hoe skryf u dit?

Dinsdag 07 Mei 2019 Geplaas deur Sophia Kapp

Sommige van ons dra nie net swaar aan ons genetiese belasting nie, ons het boonop nog ʼn klomp name van voorouers geërf wat ons met ons moet saamdra (met geen plaas om daarvoor te wys nie), net soos die arme jong seuntjie in Jan Pohl se lawwe liedjie "Die Mannetjie". Ek het in my skooldae ook onder die bank ingeduik as my name van die klaslys afgelees is, maar ek het darem met die jare geleer om my klomp name met trots te aanvaar omdat dit my verbind aan mense vir wie ek lief was. Maar as dit by die skryfslag kom ... Nie net pas dit nooit op ʼn vorm in nie, wanneer daar nog titels bykom, raak dinge behoorlik morsig.

LEES VERDER
profile pic

10 woorde waarvan jy die oorsprong (waarskynlik) nie ken nie

Woensdag 24 April 2019 Geplaas deur Sophia Kapp

Weet jy hoekom 'n sepie 'n sepie is, hoekom jy so seerkry as iemand met jou sarkasties is, en hoekom oefenklere al hoe duurder raak, al bedek dit al hoe minder? Lees hier:

LEES VERDER
profile pic

Die pynlike passief

Donderdag 18 April 2019 Geplaas deur Sophia Kapp

As daar nou ʼn manier is om ʼn skoolkind maagpyn te gee, ʼn onderwyser lus te maak vir drank en ʼn subredakteur na ʼn rooi pen te laat gryp, is dit as ʼn mens die aktief-passief-kwessie ophaal. (Ja, "aktief en passief" is korrek vir "bedrywende en lydende vorm". In Nederlands is dit die "actief en passief" en in Duits die "Activ und Passiv". Ander Germaanse tale gebruik dus deurlopend ook die Romaanse name vir die taalbousels.) Dié kouekoors is eintlik gans onnodig, want so ingewikkeld is dit ook nie. Daar is eintlik net twee belangrike goed om te onthou by die omskakeling van die aktiewe sin na ʼn passiewe konstruksie: 1) Die passief word spesifiek gebruik om van die onderwerp ontslae te raak, en 2) in die verlede tyd word die passiefhulpwerkwoord is oorwegend gebruik, nie was nie.

LEES VERDER

Ek kry gereeld van onderwysers vir die Grondslagfase ʼn versoek om raad hoe hulle aan hulle leerders kan verduidelik waarom ons ʼn woord soos brood met ʼn slot-d spel as ons dit eintlik met ʼn slot-[t] uitspreek. (Daardie blokhakies dui aan dat dit ʼn fonetiese voorstelling van die klank is.) En klokslag is die argument: Ons is dan veronderstel om te skryf soos ons praat; hoekom kan ons dan nie broot skryf, net soos wat ons groot skryf nie?

LEES VERDER
profile pic

40 maniere waarop skrywers skop skep – retoriese middele

Maandag 18 Maart 2019 Geplaas deur Sophia Kapp

Ek kry dikwels navrae oor retoriese middele (op die trant van: "Tannie, wat noem ʼn mens dit as skrywers verkeerde goed met mekaar vergelyk?" en wat ek dan moet vertaal na "'n uitspraak wat aanvanklik lyk of dit 'n teenstrydigheid bevat, maar by nader beskouing tog versoenbaar is"), wat my gewoonlik in ʼn koue sweet laat uitslaan. Sien, ek is ʼn taalkundige van opleiding en ʼn taalpraktisyn van nering. Letterkunde het my nog altyd ore aangesit. Ek het waardering vir die kuns – baie – maar min vaardigheid om dit te ontsyfer. Linkerbreindilemmas.

Om dié rede het ek nie aandag gegee in die lesings waarin retoriese middele bespreek is nie. Tot my skande en my spyt is ek dus deesdae net so in die donker as die jong navraers, en ek moet altyd naarstiglik begin rondsoek na hulp.

LEES VERDER

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK