profile pic

Die begin of die einde – waarheen met die werkwoord?

Donderdag 07 Februarie 2019 Geplaas deur Sophia Kapp

Het jy al hierdie reël vir ʼn kind geleer: As jy meer as een werkwoord in die sin het, skuif die werkwoord na die sinseinde? Indien wel, moet jy nou eers jou rooi pen neersit en hierdie blog lees.

LEES VERDER
profile pic

'n Kopkrappery oor koppeltekens

Donderdag 31 Januarie 2019 Geplaas deur Sophia Kapp

Een van die skryftekens in Afrikaans wat puristiese teksredigeerders hoofbrekens kan besorg, is die oorbenutte koppelteken. Dit is, in sekere spellingomgewings, 'n broodnodige ortografiese hulpmiddel, maar die koppelteken het in die hande van skoolkinders en spellingonkundiges ʼn paar toepassings gekry waarvan taalkundiges soms met verstomming kennis neem.

 

Ek kom agter onseker spellers gebruik die koppelteken soos wat ek op skool my handskrif gebruik het om my rekenkundige geknoei in wiskunde-eksamens te kamoefleer: As ek nie seker was of my antwoord reg was nie, het ek so lelik geskryf dat dit bykans enige syfer kon voorstel met die hoop dat die onderwyser met genade sou besluit dit wat ek daar neergegriffel het korrek is. Skrywers wat onseker is of ʼn woord vas of los moet wees, gebruik die koppelteken as ʼn soort goue middeweg met die hoop dat die spellingnazi's hulle onkunde oor die hoof gaan sien. Les: Die gekrap op my wiskundeantwoordstelle het nie vir my op skool gewerk nie. Die koppeltekenkamoeflering gaan nie ook nie nou werk nie.

LEES VERDER
profile pic

Druk in die drukte - hulp met homonieme

Donderdag 29 November 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Ek werk aan ʼn lys homonieme. Dit moet as voorbeeldmateriaal dien vir die stukkie in Taalonderrigportaal oor homonieme. Maar ek gaan mos nou nie die wiel van voor af uitdink nie, ander (baie meer ervare en geleerde) skrywers voor my het al sulke lyste gemaak. Ek begin sommer daar en pas net voorbeeldmateriaal aan.

 

Ek soek en raap en skraap, raadpleeg ou handboeke (ek het nog my ma se skooluitgawe van Barnes!), die Groen Bybel (Afrikaans, my taal, waarmee almal in die ou bedeling grootgeword het), en elke digitale lys wat Google vir my kan uitspoeg. Sit naderhand met ʼn stewige lysie. Begin voorbeeldsinne uitdink om die betekenisverskille te illustreer. En net daar val ek vas. Want sommige van dié betekenisverskille lyk vir my homonimies ver, maar sommige lyk vir my polisemies naby. Ek kan sweer dié voorbeelde is nie homonieme nie, maar dis dan as homonieme in gestandaardiseerde lyste opgeneem, nou wat nou?

LEES VERDER
profile pic

Direkte en indirekte rede: ’n gedwaal in die duister

Donderdag 22 November 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

As daar nou een onderwerp is waarmee daar in Afrikaansonderrig kleigetrap word, is dit die direkte en indirekte rede. Die redes daarvoor is veelvuldig én veelvoudig, maar die oerdwaling het gekom, vermoed ek, by die behoefte om “maklike” reëls te skep waarmee kinders “maklik” onderrig en “maklik” geassesseer kan word. Intussen het hierdie “maklike” reëls so ver van die werklikheid verwyder geraak dat ’n hele geslag taalgebruikers glo hulle kan die taal van hulle harte en monde en sinne nie beheers nie. Dit maak van hulle vreemdelinge in hulle moedertaal, en ons verloor nie net hulle belangstelling nie, ons verloor hulle entoesiasme en hulle passie vir die taal.

 

Maar goed, kom ons begin by die begin: Waarom moet leerders leer hoe direkte en indirekte rede werk? Omdat sekere tekste en kontekste van die skrywer vereis om ’n spreker se woorde oor te vertel of te rapporteer. (In Engels is “reported speech” ’n sinoniem vir “indirect speech”.) Direkte rede word byvoorbeeld by uitstek in fiksietekste gebruik. In tekste soos koerantberigte, rubrieke, notules en verslae raak aanhalings van iemand se direkte woorde al hoe minder bruikbaar. Wat meer is, selfs in fiksietekste is daar soms geleenthede waar die verteller vir die leser vertel wat ’n karakter gesê het. Die probleem is net: Die aard van die indirekte rede verskil na gelang van die teks, en dis hier waar die skoolreëls leerders liederlik in die steek laat.

LEES VERDER
profile pic

Tweedetaaltoffies

Woensdag 14 November 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Dis vir enigeen moeilik om kop te hou met ʼn tweede (of derde of vierde of ...) taal. Leerders wat Afrikaans Eerste of Tweede Addisionele Taal moet bemeester, val dikwels vas met woorde wat baie na aan mekaar lê en moeilik vertaal. Moedertaalsprekers weet instinktief wanneer om die een te gebruik en wanneer die ander reg is, maar die oomblik as ʼn mens die onderskeid tussen die twee moet verduidelik, besef jy waarom hulle sukkel – die betekenis is soms so verstrengel en die onderskeid so fyn dat dit werklik kophou kos om die verskillende gebruikstoepassings duidelik te maak.

LEES VERDER

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK