profile pic

Meerder, beterder en mees beste – trappe van vergelyking in Afrikaans

Donderdag 14 Junie 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Desperate navraag laat die aand: Tannie, ons skryf môre Afrikaans en ek sukkel met trappe van vergelyking. Hoe weet ek wanneer is dit "meerder" en wanneer is dit "meeste"?

Ek rol nie meer my oë nie, nie vir die navraag, die omvang van die onkunde of die tyd nie. Ek herken paniek, selfs op ʼn WhatsApp, en weet ʼn mens hou jou preek vir ʼn meer toepaslike oomblik.

Gelukkig (vir die navraer se onthalwe en vir myne) is die reëls vir die trappe van vergelyking in die nuutste uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls opgeteken. Hoofstuk 16 bevat die volledige stel voorskrifte en vervang elke leer en dwaling wat tot nou toe oor die saak verkondig is. Boonop is daar voor in die hoofstuk ʼn baie nuttige tabel opgeneem wat dit vir elke opvoeder, leerder en gebruiker glashelder behoort te maak wanneer ʼn mens -er en -ste, en wanneer ʼn mens meer en die meeste gebruik.

So werk dit:

LEES VERDER
profile pic

Massas huiswerk: Hoe om massanaamwoorde uit te ken

Vrydag 08 Junie 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Kry vanoggend ʼn navraag van ʼn gebruiker: Wat is "huiswerk"? Dis vroeg en ek is nog deur die blare, en ek wil antwoord "ʼn pyn in die dinges", maar toe besef ek sy praat van woordsoorte, nie betekenis nie. Watter woordsoort is "huiswerk", wil sy weet.

In verlede week se blog het ek gewys hoe ʼn mens abstrakte selfstandige naamwoorde in ʼn sin identifiseer. Hierdie week gesels ek vinnig oor massanaamwoorde en hoe om hulle in ʼn sin uit te ken.

LEES VERDER

Kry nou anderdag ʼn navraag van ʼn leerder – hulle moes die verskillende soorte selfstandige naamwoorde in die klas identifiseer, en hulle het geleer ʼn abstrakte selfstandige naamwoord is ʼn ding wat jy nie kan sien nie. Nou wil hulle weet: Is ʼn poep ʼn abstrakte selfstandige naamwoord?

LEES VERDER
profile pic

Die hoe en hoekom van "wie" en "wat"

Donderdag 10 Mei 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Daar is in ʼn taaltannie se lewe vrae wat oor en oor opduik. Een so ʼn immergroene is: Wanneer gebruik ons "wie" en wanneer gebruik ons "wat"? Tydens elke toetsreeks en eksamen is daar ʼn nuwe stel jong gebruikers wat kopkrap, en elke nou en dan kry ek ʼn paniekerige boodskap van ʼn volwasse spreker wat oor die vingers getik is, maar nie weet hoekom hy raas kry nie. Ek het selfs al ʼn dominee of twee gehad wat ewe bedees kom advies vra het ná ʼn preekbeurt.

Dit help (altyd) om die reëls te ken. So sleg as wat dit vir jong taalgebruikers (en oueres) is om reëls te leer, is dit juis reëls wat ʼn mens in jou donkerste onsekerheid bystaan. ʼn Reël is nie ʼn ding wat ontwerp is om jou in ʼn Afrikaanseksamenvraestel "uit te vang" nie, dis iets wat jou help om skryfwerk te genereer wat deur jou taalgenote as leesbaar beskou word. En as jy die reëls ken en reg kan toepas, kan jy al die vingerwysers vriendelik dog ferm versoek om gerus ʼn reis na ʼn ongespesifiseerde bestemming te onderneem en jou met rus te laat.

Hier is die reëls dus vir die betreklike voornaamwoorde "wie" en "wat".

LEES VERDER

Hierdie week se interessante navraag handel oor die woord "cadeau". Die navraer het gehoor dit beteken "geskenk" en raai dat ons dit uit Nederlands gekry het, maar hy wou weet waar dit oorspronklik vandaan kom. Dit klink so half asof die woord ʼn Franse bloedlyn kan hê ...

LEES VERDER

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK