Daar is ʼn paar onderwerpe op ʼn taalblad soos VivA sʼn wat altyd hewige reaksie uitlok. Ek bêre hulle meestal vir tye wat ek psigies vasberade voel, want die menings oor die saak is sterk, die manier waarop dit uitgedruk word, is sterk, en die stukrag waarmee die meningsvormers hulle in ʼn skare organiseer, is sterk. Kyk, ek het alles veil vir volk en vaderland, maar daar was al dae waarop ek gedreig het om myself aan ʼn Armeense bokboer te verkoop net om van grammatika te ontkom. (Gelukkig onthou ek elke keer betyds ek kan nie kook nie.)
LEES VERDEREk kry heelwat navrae oor die uitruilbaarheid al dan nie van sal x gaan en word x raak. Is dit sinonieme, of is die een verkieslik bo die ander?
LEES VERDERKyk, ek laat my nie van lekkergoed versoek nie. En ek is ook nie neusoptrekkerig oor waarmee ek my suikerverslawing voed nie. Duur sjokolade, ingevoerde drop, pienk ouderlingswiets – alles verdwyn in my huis soos die spreekwoordelike mis voor die son. Ek voel ook nie eers sleg daarna nie, ek drink net water en eet nog.
Maar die een ding waarmee ek kan uitstel, is ʼn mooi boek. Ek kan dit koop of present kry, en dit maande lank laat lê tot ek genoeg tyd tot my beskikking het om dit behoorlik te lees. Met aandag en toewyding, so proe-proe sodat ek die lekkerte kan uitrek. Want ʼn boek wat gelees is, is soos ʼn kuier met ʼn hartsmens wat verby is – jy kan dit herhaal, maar jy kry dit nooit weer terug nie.
LEES VERDEREen van die groot kwessies in skryftaal is die gebruik van was en is om die verlede tyd aan te dui. Dit is vir leerders ʼn nagmerrie, vir onderwysers ʼn kopseer, en vir taalgebruikers onthutsend om te verneem dat hulle blykbaar nie hulle moedertaal behoorlik beheers nie, want elke kort-kort is daar een of ander taalnazi wat hulle kritiseer oor die verledetydsaanduiding in hulle skryfwerk. Hierdie blog is ʼn poging om so ʼn bietjie lig in die duister te bring.
LEES VERDEREk kry in die week ʼn navraag van ʼn gebruiker: Beteken die woord poetoe in Afrikaans 'stywepap' of 'krummelpap'? Dit lyk na ʼn onbenullige vragie, maar ek weet sommer in my Afrikaanse gebeente hierdie een moet ek nie ligtelik opneem nie. Pappraatjies, het ek al geleer, is ʼn ding wat óf oorkook óf aanbrand.
LEES VERDER