Die Engelse vertaling van “klouerig” is “clingy”. Dit beskryf ons koppelwerkwoord so mooi. Anders as leksikale hoofwerkwoorde (op skoolvlak bekend as “selfstandige werkwoorde”) roep koppelwerkwoorde nie ’n beeld op wanneer hulle in isolasie (op hul eie) gebruik word nie. Wanneer net is gebruik word (bv. Sy is), verstaan ’n mens nie watter betekenis dit uitdruk nie, maar sodra ’n sinsdeel daarná gebruik word (bv. Sy is mooi), begryp ’n mens dat hierdie werkwoord op ’n toestand, ’n manier van wees, dui. Daarom is die eerste eienskap van koppelwerkwoorde dat dit klouerig is, want dit moet saam met ’n sinsdeel daarná gebruik word om ’n betekenis (‘toestand’) te kommunikeer. Dit moet met ander woorde aan so ’n sinsdeel “koppel”.
Inleiding
Die terme nasalering en vokalisering is terme wat nog op skoolvlak gebruik word. Dit word in ouer bronne soos Afrikaanse klankleer: fonetiek, fonologie en woordbou (De Villiers, 1967) gebruik, maar in resenter bronne soos Anna Coetzee se Fonetiek (Coetzee, 2017) en prof. Daan Wissing se boekhoofstuk “Fonetiek” in Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde (Wissing, 2017) word hierdie onderskeid nie getref nie. Daar word eerder slegs na nasalering verwys. Vokalisering is iets wat deel van hierdie proses is – iets wat hier onder duidelik na vore sal kom.
Inleiding
Ek het ’n geruime tyd gelede die navraag ontvang watter woordsoort die woord om in die voorbeeld Die olifant stoot die boom om is. Die gebruiker het gewonder of dit ’n bywoord, ’n voorsetsel of ’n tweede werkwoord is, en watter element van die STOMPI-riglyn daarmee geassosieer word.
Ek het onmiddellik besef dat hierdie woord eintlik meer as een funksie binne die sin kan verrig. Dink só daaraan: Almal kyk nie op dieselfde manier na ’n selfoon nie. Een persoon beskou ’n selfoon as ’n kommunikasiemiddel, iemand anders gebruik dit vir navigasiedoeleindes, en dan is daar selfs mense wat dit vir vermaak (soos om na musiek te luister) of as ’n wekker gebruik. Dit bly ’n selfoon, maar sy funksie word bepaal deur die een wat hom in sy hand hou. Net so word die funksie van om bepaal deur die wyse waarop die sin waarin dit voorkom, ontleed word.
Ek ontvang nou die dag die vraag oor wat die reël is wanneer twee leksikale hoofwerkwoorde (op skoolvlak beter bekend as “selfstandige hoofwerkwoorde”) in dieselfde neweskikkend komplekse sin (oftewel veelvoudige sin) voorkom en hierdie sin in die verlede tyd geskryf moet word. Die sin wat ons as voorbeeld gaan gebruik, is: Die kat en die hond hardloop in die bos, en hulle soek na voëls.
In ouer bronne word woorde soos waarin, waarvan, waarop en waaronder saam met wie en wat gegroepeer en betreklike voornaamwoorde genoem, hoewel hulle eintlik nie saam hoort nie. Die eerste groep woorde (waarin, waarvan, waarop en waaronder as enkele voorbeelde) hoort saam, terwyl wie en wat ’n afsonderlike tweede groep vorm. Groep 1 word “voornaamwoordelike bywoorde” genoem – hulle is dus ’n soort bywoord, terwyl groep 2 betreklike voornaamwoorde is – ’n soort voornaamwoord.
In hierdie blitsblog: