VIVA SE BLOGS
Soekresultate vir: Oktober 2017

So stil-stil, iewers op die oop see, is die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) se vlagskip besig om al nader en nader aan sy tuishawe te kom. Ongesiens en onopvallend – maar met die belofte van grootse impak – word gewerk aan ʼn nuwe Geheime Wapen: die Taalportaalprojek.

In 2010 het die Nederlandse Organisatie voor Wetenschappelijk Onderzoek so ʼn stewige €1.7 miljoen (ongeveer R28 miljoen) bewillig om ʼn omvattende, vergelykende, aanlyn grammatika vir Nederlands en Fries op te stel. Aangesien Afrikaans ook verbonde is aan dié twee tale, het ʼn klompie waagmoedige Afrikaanse taalkundiges hulle hande opgesteek en gesê: “Voeg Afrikaans by, ons wil/kan/moet ook saamgesels!”

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, ATKV, Noordwes-Universiteit en Trust vir Afrikaanse Onderwys waagmoedig diep in hulle sakke gegrou en genoeg finansiering verskaf om die Afrikaanse Taalportaalvlagskipprojek in 2014 … uhm … te water te laat.

Trap versigtig as jy nie kan sien nie


Donderdag, 26 Oktober 2017 17:39

Die internet is 'n fantastiese plek, in die ware sin van die woord. Dis 'n ruimte waarin niks werklik is nie en alles vir die waarheid aangebied word. Dit is 'n versameling kosbare inligting en terselfdertyd die moderne wêreld se grootste rommelhoop. Jy ontmoet groot geeste en denkers daar, en jy loop jou vas teen trolle. Jy kom daar weg verlig, verlos en vermaak, of jy gaan kruip in 'n donker gat in waar jy vir dae nie met mense hoef te kommunikeer nie omdat jy weer eens besef hoe onguur die menslike natuur kan wees.

Sien? Fantasties.

Genoeg is genoeg


Sondag, 22 Oktober 2017 20:26

Afrikaans het baie idiome. Baie van hulle is erfgoed; vertoonstukke in ’n taalmuseum wat vertel van die kultuur van die sprekers van die taal in vroeëre tye, soos wyle Johan Combrink dit gestel het. Gaan kyk ’n mens hoe en waar van dié idiome ontstaan het, verstaan jy hulle ’n bietjie beter; en as jy ’n moedertaalspreker van die taal is, verstaan jy ook ’n klein bietjie meer van jouself.

In ’n vorige blog het ek geskryf oor Afrikaanse uitdrukkings en gesegdes wat na die Griekse en Romeinse mitologie teruggevoer kan word; na fabels, die Bybel, en die Middeleeue; na die natuur, die seevaart en die agrariese leefwyse van ons voorouers. Maar nie al Afrikaans se idiome is ’n skat waarop ek noodwendig trots is nie.

Merk iemand genaamd Leser in ʼn SMS aan Beeld die afgelope naweek op: “Ek geniet Gerhard van Huyssteen se rubriek. ... Soos vele ander praat hy verkeerdelik van die Lae Lande. Hierdie gedrog is ʼn baie goeie voorbeeld van ʼn Anglisisme. Die regte term is Neder Lande [sic].”

- - - - - - - - - - -

Beste Leser

Eestens: Baie dankie vir die kompliment, en dankie dat jy my se rubriek lees. Ons niepolitieke rubrikante is maar te bly as mense ons skryfsels lees, want soms is ons bang lesers is slegs geïnteresseerd in menings oor die Zuptas, die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Cheetahs. (Die Bulle is helaas nie meer nuuswaardig nie. Treurige dae ...)

Gedurende die afgelope week skryf Andries Bezuidenhout op Netwerk24 ʼn artikel oor sy gewaarwordinge tydens die “Week van de Afrikaanse Roman” in België en Nederland. Pragtige foto’s daarby, wat ʼn mens laat verlang na Vlaamse friete (wat jy moeilik slaptjips kan noem) en Hollandse bitterballe (ronde kroketjies wat jy saam met bier versnaper).

So misplaas soos wat my verlange na Lae Landse lekkernye is na aanleiding van Andries se artikel, so misplaas is die kommentaar onderaan sy artikel op Netwerk24. Of miskien lê die fout by my? Perdalkies moet ek weer gaan vir leeslesse, want ek kan nie die kloutjie van die kommentaar by die oor van die artikel uitbring nie.

Ja, jy het reg geraai: Vers volgende van die wat-is-die-versamelnaamwoord-vir-X-gesang het vandag opgeklink. Ek wil weer my oë rol, maar dit help nie 'n mens kla of raas daaroor nie – dit is dekades se verkeerde opvattings, dwaalleer, onvoldoende opleiding en verkeerde onderrig wat ons by hierdie punt het, en die situasie gaan nie in 'n agtermiddag of 'n week of 'n jaar omgekeer word nie. Dit gaan waarskynlik nie binne die volgende tien jaar omgekeer word nie. Maar dit beteken nie 'n mens mag handdoek ingooi en ophou probeer nie.

Veels te interessant


Sondag, 08 Oktober 2017 06:44

Hierdie artikel met vergunning van Neerlandistiek.nl oor 'n verskynsel wat vir Afrikaans net so interessant is. Dit kom van ver af ...

 

Deur Marc van Oostendorp

 

Het is een vraag die weleens naar voren komt in de taalkundige praktijk: waar komt de s in veels te goed vandaan? Is hij daar bijvoorbeeld toegevoegd vanwege uitspraakgemak? Althans, het is een vraag die al in 1860 besproken werd, inclusief dat uitspraakgemak, ontdekte ik toen iemand mij onlangs deze vraag stelde.

Dat ‘uitspraakgemak’ kun je gemakkelijk uitsluiten want de s komt alleen in deze constructie voor: je zegt niet ‘hij wil veels tennissen’, of ‘zij moet veels teleurstellingen verwerken’, ook al volgt in beide constructies ook een t. Als een s makkelijker zou zijn tussen een l en een t, zou hij dus ook daar gemakkelijker moeten zijn.

'Papgooi' deug nie, wel potgooi


Saterdag, 07 Oktober 2017 06:01

Vra ʼn jong taalentoesias die ander dag op Facebook: “Waar kry ʼn mens VivA se papgooie”?

Ek frons, kry visioenflitse van boeresportdae uit my verre verlede, probeer eers die klepel by die klok te kry, toe die kloutjie by die oor, en besef uiteindelik die lieweling bedoel seker te vra: “Waar kry ʼn mens VivA se pótgooie?”

Dis nou wat gebeur as ʼn mens “podcast” met “potgooi” vertaal. Van die oor na die mond, val die pot op die grond – om nou maar flouerig met idiome om te gaan ...

Die Engelse woord “podcast” is ʼn versmelting van “iPod” en “broadcast” – ʼn woord wat so half toevallig in 2004 deur die Britse joernalis Ben Hammersley geskep is. ʼn “Podcast” was toentertyd ʼn reeks digitale klanklêers wat via die internet uitgesaai is (daarom “broadcast”) en wat hoofsaaklik deur Applegebruikers afgelaai is (daarom “iPod). Vandag is dit klank en/of video, met programnotas, kommentaar, die hele boksemdais – beskikbaar op iOS, Android en Windows.

Versamelnaamwoorde, vers 2


Donderdag, 05 Oktober 2017 12:59

So 'n rukkie gelede het ek 'n blog geskryf oor die liewe versamelnaamwoorde. My oogmerk was om te toon hoe onvas en onvoorspelbaar versamelnaamwoorde is, veral oor taalgrense heen, hoe geskiedenis en verouderde opvattings daarop ingespeel het en hoe verkeerd dit is om vandag wetties daaroor te wees. Die goeie saad, sien ek, het tussen die klippe beland. Gister is daar so werklik weer 'n vraag: Wat is die versamelnaamwoord vir dolfyne?

Hierdie keer is die antwoord darem effe meer voor die hand liggend. Die WAT en Pharos se tweetalige woordeboek het opgeteken dat dolfyne en walvisse in skole voorkom. Dit, aanvaar ek ewe naïef, gaan die einde van die storie wees. Ek kan rustig agteroor sit, my tee drink en my verlustig in die wete dat ek een siel se las verlig het. Ehem, toe nou nie. Want "dolfyne is nie visse nie en hoekom is dolfyne en walvisse nie troppe nie?"

Ek wil eers my oë rol, maar dit is 'n geldige vraag, en 'n geldige vraag verdien 'n geldige antwoord.