Items per datum gefilter: Desember 2017

Sê-nou-maar is ʼn lekker sê.

Dis tog al wat ʼn nuwejaarsvoorneme is: ʼn sê-nou-maar-sê.

Sê nou maar ek kon in 2018 Japan toe gaan.

Sê nou maar ek kon in 2018 elke dag twee uur lank in die gim spandeer.

Sê nou maar ek kon in 2018 my liefde vir koeksisters en sjokoladekoek (trouens, enige gebak!) in toom hou …

Hou julle lekker vakansie? “Ons doen!”

Donderdag 28 Desember 2017 08:03

deur Fred Pheiffer

 

Wanneer dié taalverskynsel begin kop uitsteek het, sal ’n mens net met uitgebreide taalopnames kan vasstel, maar dit het waarskynlik ná die eeuwisseling begin. In navolging van Engelse uitdrukkings soos “I do” en “It does” het veral jonger Afrikaanssprekendes “Ek doen” en “Dit doen” begin sê. Dit kom neer op ’n uitbreiding van die sintaktiese rol van doen as werkwoord. Tradisioneel en konvensioneel was doen nog altyd en is doen steeds ’n oorganklike werkwoord. In ’n welgevormde sin benodig dit dus ’n komplement, hetsy ’n voorwerp (’n naamwoord) soos in “inkopies doen”, “sake doen” of “niks doen nie”, hetsy ’n bepaler (’n bywoord) soos in “uitstekend doen”. Derhalwe is ’n sin met doen sonder ’n komplement nie welgevormd nie.

Hoe dus nou gemaak met sinne waarin doen onoorganklik gebruik word? Iemand vra byvoorbeeld vir jou of jy van sjokolade met neute hou, en jy antwoord bevestigend: “Ek doen!” Of iemand merk op die hitte en droogte skroei alles droog, en jy stem saam: “Dit doen!” Taalpuriste sal dié soort verskynsel as volstrek anglisisties afmaak, en by elke geleentheid daarop wys en dit uit die taal probeer weer. Dat dit anglisisties is, kan nie ontken word nie. “Ek doen!” volg die Engelse patroon slaafs na en vervang in dié proses uitdrukkings soos “O ja!” of “Beslis!”, en “Inderdaad!” of “Dis nie altemit nie!”

Grammatikaonderrig

Woensdag 27 Desember 2017 07:45

Nederlands onderzoek naar grammaticaonderwijs: hoe staat dat ervoor?

Hierdie artikel het oorspronklik op 21 Desember 2017 verskyn in Neerlandistiek voor de klas, ’n onderdeel van die aanlyn tydskrif Neerlandistiek vir taal- en letterkundige ondersoek.

 

Een korte positiebepaling en wat eerste resultaten

Deur Jimmy van Rijt 

 

Sinds de zogenoemde ‘communicatieve wending’ in het moedertaalonderwijs vanaf eind jaren 60 van de vorige eeuw zijn grammaticaonderwijs en literatuur – toch zeker in de ideologische zin – wat meer naar de achtergrond van het onderwijs Nederlands verdwenen, ten gunste van algemeen communicatieve vaardigheden. In de praktijk van het schoolvak Nederlands wordt, ondanks de nadruk op communicatieve vaardigheden, echter nog altijd veel aan grammaticaonderwijs gedaan. Sterker nog: niet alleen in Nederland, maar zeker ook in internationaal verband staat grammaticaonderwijs weer tamelijk prominent op de (beleids)agenda (zie bijvoorbeeld Myhill, Jones, Lines & Watson, 2012; Watson & Newman, 2017, p. 2).

Naar grammaticaonderwijs wordt dan ook steeds meer onderzoek gedaan, en dan met name naar de relatie tussen expliciet grammaticaonderwijs en schrijfvaardigheid, met de onderzoeksgroep rondom Debra Myhill (Universiteit van Exeter, Verenigd Koninkrijk) als kartrekker. Lange tijd werd verondersteld dat grammaticaonderwijs geen positieve effecten had op schrijfvaardigheid (zie bijvoorbeeld de veel aangehaalde meta-analyse van Graham & Perin (2007)), maar dergelijke resultaten hebben vrijwel zonder uitzondering betrekking op traditioneel grammaticaonderwijs. Dergelijk grammaticaonderwijs is onderhevig aan forse kritiek: trucjes en ezelsbruggetjes domineren de didactiek, terwijl kritisch of reflectief denken en grammaticaal inzicht niet of nauwelijks aangeboord worden (zie bijvoorbeeld Coppen, 2009). Het hoeft dan ook geen verbazing te wekken dat zulk grammaticaonderwijs de schrijfvaardigheid niet ten goede komt. 

Mag jy Kersfees smul aan 'n minnemaal

Saterdag 23 Desember 2017 08:13

My ma sê altyd: “Vetsug is nie oorerflik nie, eetgewoontes wel.” En as jy soos ek uit ʼn tradisionele, Afrikaanse familie kom, sal jy weet dat my ma die waarheid praat.

My ouma is oorlede toe ek vyf jaar oud was, en die enigste beeld wat ek nog van haar kan oproep, is hoe sy met haar forse bo-arms in die warm kombuis staan en brood knie, hoe sy geruik het soos vars, warm suurdeegbeskuit uit die ESSE-steenkoolstoof. En ek onthou die stapels en stapels kos wat by elke liewe ete die tafels laat holrug staan het. Met Kersfees was dit oordaad kwadraat: gemmerbier en vars waatlemoen wat in ʼn streepsak in die plaasdam afgekoel is, vier of vyf soorte vleis met dubbel soveel bygeregte, en les bes, die doekpoeding met ʼn versteekte bronspennie.

Ek weet as ek môreaand by my ma se tafel aanskuif, gaan dit weer so ʼn gedoente afgee: Ons eetgewoontes het ons by my ouma geërf. Psigologies dink ek dit het iets te make met die swaarkryjare van die Groot Depressie, toe my ouma-hulle sprinkane en ander eetgoed uit die veld moes kry en skilpad ʼn delikatesse by spesiale geleenthede was. Die Groot Depressie leef as ʼn meem in ons gene, en ons eet oordadig om armoede en swaarkry te besweer.

Hier is HAT se woord van 2017

Maandag 18 Desember 2017 18:13

Die redaksie van die  Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal  het op Maandag 18 Desember dié woordeboek se woord van die jaar bekend gemaak.

 

HAT6 HAT2017

Hierdie boeke moet in jou Kerskous land

Saterdag 16 Desember 2017 09:08

Dit gebeur nie elke jaar dat ʼn mens in ʼn eindjaarrubriek soos hierdie, Afrikaanse taal(kunde)boeke as Kersinkopievoorstelle kan voorhou nie. Daarvoor is die jaarlikse oes helaas dikwels te skraal …

Maar 2017 was ʼn vet jaar! Ek kan daarom met genoeë ʼn lys van my persoonlike aanraaisels hier aanbied.

VivA beloon 2017 se varsgebektes

Vrydag 15 Desember 2017 09:06

Varsgebek, ons kompetisie waar taalgebruikers hulle onopgetekende taalskatte kon inskryf, het pas ten einde geloop. Die Sêgoedkompetisie het weer hierdie jaar ʼn skatkis vol heerlikhede opgelewer. Die beste van dié inskrywings is in ʼn kortlys geplaas, en VivA-gebruikers kon vir hulle gunstelingsêding stem.

VivA maak dus vandag met trots die skerpste, varsste, pittigste en gewildste sêgoed vir 2017 bekend.

Jy kan nou duisende wen met Varsgebek

Saterdag 09 Desember 2017 07:32

Varsgebek 2017 staan einde se kant toe. En as jy jóú stem uitbring, kan jy weer groot pryse losslaan – net betyds vir die voorlêende vakansie.

Nog nie gehoor van Varsgebek nie? Dit is die inisiatief waar die HAT, Taalkommissie, VivA en WAT (met die ondersteuning van Afrikaans.com, Atterbury Trust en CTexT) woorde, idiome en ander sêgoed wat nog nie in woordeboeke opgeteken is nie, insamel.

Sedert Varsgebek in 2016 in die lewe geroep is, het ons al meer as 1 500 inskrywings van oor die hele land ontvang.

Taalprof se handleiding vir taaldiskussies

Dinsdag 05 Desember 2017 08:09

As taalkundige en hoogleraar in vakdidaktiek sien prof. Peter-Arno Coppen (in Nederland is hy ook as die Taalprof bekend) gereeld hoe gesprekke oor taal kan ontspoor. Hier is sy handleiding, dan, oor hoe sulke gesprekke beter aangepak kan word. Die video is ’n opname van ’n lesing wat hy op 7 Oktober in die Beatrix-teater in Utrecht gehou het as deel van Onze Taal, die Nederlandse genootskap en tydskrif vir taalliefhebbers, se 2017-kongres.

 

As daar in mense se keel ’n lastige krapperigheid is, wat boonop snaaks klink wanneer hulle praat, maak hulle soms verskoning deur te sê: “Ekskuus! Daar’s ’n padda in my keel.” Dan kug hulle eers, of neem ’n slukkie water. Soms, word daar gesê, klink dit of iemand ’n padda ingesluk het.

Die uitdrukking “ ’n padda in die keel hê” – in Nederlands ’n “kikker” – kom waarskynlik van die geluid van iemand se stem, wat in so ’n situasie aan die gekwaak van ’n padda laat dink. Die Engelse hoor hom ook, dié “frog in the throat”. (Vir verhaaltjies op die internet, én in party Afrikaanse spreekwoordeboeke, wat die oorprong van dié padda probeer toedig aan die Middeleeuse gebruik om glo ’n seer keel of verwante aandoenings van die slukderm met paddas en hulle uitskeidings en/of afskeidings te probeer behandel, is daar geen bewys nie, ongelukkig. Dis maar volksetimologie, en nes met stadslegendes moet ’n mens maar nie alles wat jy hoor oor die herkoms van woorde en gesegdes, vir soetkoek opeet nie.)

Bladsy 1 van 2

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK