Items per datum gefilter: Desember 2017

AWS verkoop in 4 maande soos soetkoek

Saterdag 02 Desember 2017 10:16

Die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is uitverkoop! Klaar, oppelalla, tatta en totsiens.

As jy sonder ʼn rooi AWS betrap word, is jy so uit soos ʼn kind sonder ʼn vroeteltol. (Ek vermoed vroeteltolle is dalk nie meer modieus nie, maar ʼn mens kan ook nie bybly met elke weeklikse gier nie …)

As ek met alle nederigheid en dankbaarheid namens myselwers en die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns mag sê: Wat ʼn prestasie! Ek het in my dag des lewens nog nie gehoor van ʼn Afrikaanse taal/-woordeboek wat binne vier maande uitverkoop is nie. (Korrigeer my gerus as ek verkeerd is.)

En dit is nie sommer so ʼn hierjyoplagie wat uitverkoop is nie – dis ʼn volle 6 000 kopieë!

Bladsy 2 van 2

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK