VIVA SE BLOGS
Soekresultate vir: Augustus 2017

Wen met Varsgebek!


Donderdag, 31 Augustus 2017 10:14

VivA se Skolekompetisie is hierdie jaar weer aan die gang. Leerders van enige ouderdom kan inskryf en daar is elke maand R5 000 op die spel. Aan die einde van die jaar is daar ook vir 'n graad 11- of 12-leerder wat die weninskrywing ingestuur het 'n studiebeurs van R150 000 op die spel vir naskoolse studie in enige rigting aan enige instansie in die land. Dié beurs en die kontantpryse word met trots geborg deur die Atterbury Trust. Boonop kry die wenskool R10 000 om te bestee soos hulle wil, die skool met die meeste inskrywings kry R5 000 en die onderwysers wat die weninskrywing aangemoedig het, kry R2 500 – 'n heerlike bonus hier kort voor die Desembervakansie!

Die digitalisering van Afrikaanse bronne


Woensdag, 30 Augustus 2017 09:26

Van 16-17 Augustus 2017 het die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), die Noordwes-Universiteit se projek rakende die Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Taalkunde (DBAT) en die biblioteek van die Universiteit van Pretoria se Open Scholarship-afdeling 'n kollokwium gefasiliteer oor die digitisering en digitalisering van publikasies in en oor Afrikaans. Belanghebbendes is uitgenooi om daaraan deel te neem sodat daar 'n bestekopname oor die huidige stand van sake gedoen en 'n werksplan vir die toekoms opgestel kon word.

Nuwe gids vir termskeppers


Maandag, 28 Augustus 2017 23:10

In die taalkundewêreld is die naam dr. Mariëtta Alberts ’n huishoudelike naam. Sy is veral bekend in terminologie- en leksikografiekringe, met ander woorde by die mense wat woordeboeke maak en termlyste saamstel. Gerhard van Huyssteen het haar onlangs by ’n kongres raakgeloop en met haar oor haar spiksplinternuwe boek gesels:

“Die noordewind en die son” is ’n fabel van Esopus. Uit die oorspronklike Grieks is dit in vele tale vertaal. 

In al die weergawes van die verhaal kry Wind en Son stry oor wie van hulle twee nou eintlik die sterkste is.

Net dan kom daar ’n reisiger verby, toegewikkel in ’n warm jas. Wie eerste daarin kan slaag om die man uit sy jas te kry, besluit die twee; dié is die sterkste.

Eers waai Noordewind. Hy blaas, en hy blaas, maar hoe sterker hy ruk en hoe harder hy pluk, hoe stywer trek die man sy jas om hom vas.

Dan is dit Son se beurt. Hy skyn fel, en kort voor lank laat sy lekker warm strale die man sy jas uittrek.

So gebeur dit, dus, dat Noordewind moet erken dat Son, van hulle twee, die sterkste is.

Omdat dit ’n fabel is, is daar ook ’n les uit te leer: Dat ’n mens deur oorreding veel meer regkry as deur geweld te gebruik.

Maar by taalkundiges is die fabel van die noordewind en die son ook om ’n ander rede bekend: omrede die gebruik daarvan in fonetiese beskrywings – as middel om gesproke taal te illustreer.

Oor beddens en Boervrouens


Sondag, 27 Augustus 2017 11:07

 

Gisteraand laat is daar 'n harde slag in my huis. Konsternasie. Ek skrik vir my nugter wakker al is dit ná 12 en sien visioene van figure in klapmusse wat my mikrogolf by die kombuisvenster uittel en my varkore, wat ek met emmers badwater deur die droogte tot by blom gepamperlang het, plattrap. Ek is sommer kwaad nog voor ek weet wat ek gehoor het.

My vriend Rob dink ʼn e-vakansie is iets waar jy ʼn virtuelerealiteitskopstuk opsit en dan besoeke bring aan allerlei eksotiese eilande, vergeleë stede en obskure museums – alles in die gemak van jou voorhuis.

Die woord “e-vakansie” blyk egter iets anders te beteken: Dit is ʼn rusperiode waarin jy doelbewus nie van elektroniese kommunikasietegnologie gebruikmaak nie. Jy neem dus as ‘t ware ʼn blaaskans van e-pos, Facebook, Twitter, en dies meer.

Ek neem tans ʼn radioblaaskans.

Belê in kind se toekoms op die debatverhoog


Saterdag, 19 Augustus 2017 16:07

Verlede naweek het die ATKV se nasionale redenaars- en debateindstryd by die pittoreske Goudini Spa naby Worcester plaasgevind. Huis- en niehuistaallaer- en -hoërskoolleerders in kleurvolle skoolregalia het van heinde en verre gekom om mee te ding om die gesogte titel as beste redenaar of debatspan.

Aangesien ʼn paar ATKV-lede hulle menings oor die aard en toekoms van die kompetisie teenoor my gelug het, besluit ek om eerstehands te gaan waarneem hoe sake staan.

Van varke en verraaiers


Vrydag, 18 Augustus 2017 09:08

Verlede week is die nuwe Afrikaanse woordelys en spelreëls amptelik bekendgestel. Lekker swierige geleentheid op Media24 se Nasdak, met sy fabelagtige uitsig oor die baai en die berg en 'n geurige groentekerrie waaroor ek hier in die noorde maar net kan sit en droom. Dit was ook gepas dat daar so 'n bietjie luister aan die geleentheid verleen is – die bron is per slot van rekening 100 jaar oud, en vir so 'n mylpaal mag 'n mens maar jou spykerhakke onder uit die kas grawe.

Die meeste van die tale wat aan ons bekend is, bestaan uit verskillende variëteite.

Naas die standaardvariëteit – wat gewoonlik so volledig moontlik ontwikkel word om deur soveel as moontlik gebruikers verstaan te word en soveel as moontlik van die funksies te verrig wat ’n mens van ’n taal kan verwag, veral in formele kontekste – beskik die meeste tale ook oor:

  • dialekte en geolekte, verskillende vorme van taalgebruik wat in verskillende dele van ’n land of taalgebied gebruik word (en soms selfs as verskillende tale beskou word); en
  • sosiolekte (groeptale, mengtale en geheimtale), wat met verskillende sprekersgroepe verbind word.

Soos ’n rivier waarin verskillende strome ineenvloei, word elke taal deur uiteenlopende en ineenlopende omgangstale gevoed; variëteite van die taal wat verskillende groepe en subkulture gebruik om kommunikasie tussen hulle te vergemaklik – of te bemoeilik. Terwyl elke individu boonop sy of haar eiesoortige taal gebruik, wat ’n idiolek genoem word.

Sonder al hierdie strome is daar geen taal nie.

Help bietjie dié flaters regstel op Wikipedia


Saterdag, 12 Augustus 2017 16:34

’n Dag sonder Wikipedia is soos ’n huweliksonthaal sonder vrugtekoek: onsuksesvol. Om dit nou maar byderwets en onidiomaties te stel: Ek lief Wikipedia!

Maar dié week stuit ek my teen twee vergissings op die Afrikaanse Wikipedia. Anders as ’n onsuksesvolle huwelik(sonthaal), kan onsuksesvolhede op Wikipedia gelukkig maklik ongedaan gemaak word.

Ek loop die woord “gespikkeldeminiatuurgroentekewer” iewers in ’n bemarkingsteks raak. Nou kyk, ek is mal vir lang woorde, maar dié ene laat my drie keer dink en sluk. 

Bladsy 1 van 2