Items per datum gefilter: Oktober 2018

HetPandDie afgelope vyf jaar al, gewoonlik in Oktober, bied die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die Studie van Suid-Afrika, in die mooie Gent, in België, ’n kollokwium aan oor Afrikaans. Vanjaar se lesings en gesprekke het van 4 tot 6 Oktober plaasgevind.

Op Donderdag 4 Oktober het prof. Wannie Carstens, buitengewone hoogleraar (met emeritaat) van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus en een van die medestigters van die Gentse leerstoel “Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij” sy intreerede as gasdosent vir die periode Oktober-Desember 2018 aan die Universiteit van Gent gelewer.

In die loop van die daaropvolgende twee dae is vyf hoofreferate gehou, drie oor die letterkunde en twee oor die taalkunde. Prof. Louise Viljoen van die Universiteit van Stellenbosch het gepraat oor “Antjie Krog as bemiddelaar tussen Afrikaans en Nederlands”, Daniel Hugo oor “Uitdagings wat die Nederlandstalige digkuns aan die Afrikaanse vertaler stel” en Bettina Wyngaard oor “Hoe verlos ons letterkunde van die laager?” Oor die taalkunde was prof. Bertus van Rooy, Noordwes-Universiteit, se onderwerp: “Contact and linguistic creativity in Afrikaans grammar” en dié van prof. Theresa Biberauer van die Universiteit van Cambridge: “Working the edge: on the significance of innovated peripheral structure in Afrikaans”.

Die haker, die hakker en die Gordiaanse knoop

Donderdag 18 Oktober 2018 09:54

Een van die groot spelverwarrings in Afrikaans tree in by die woorde hak en haak.

Dit gaan hier oor meer as net die verkeerde gebruik van twee verskillende woorde, dit gaan ook hier oor verwarring van homonieme, want hak en haak kan albei ʼn selfstandige naamwoord of ʼn werkwoord wees. En as jy nou nog by hierdie reeds onheilige brousel die verkleiningsvorm ook ingooi (het ek nou hierdie deel van die teks tussen hakkies of tussen hakies geplaas?) en die afleiding waarmee ʼn mens na die ou in die skrum met die blomkoolore wil verwys (is hy ʼn hakker of ʼn haker?) het ons kort voor lank ʼn Babelse verwarring.

Deur Pieter Bosman

Na aanleiding van my vorige artikel oor kraaie het ek verder gedink oor in watter groot mate kraaie ’n rol speel in veral die Europese kultuur. Die alombekende fabels van Aesopus (van ongeveer 600 VHJ) beskryf onder meer hoe ’n kraai water uit ’n kruik kry deur klippies daarin te gooi – gedrag wat deur hedendaagse navorsing bevestig is – en ook hoe ’n kraai ’n slinkse jakkals uitoorlê het.

Kraaie

Vrydag 12 Oktober 2018 20:49

Deur Pieter Bosman

kraaiWanneer ’n mens na die volksname van voëls kyk, val dit op dat daardie voëls wat gewoonlik naby mense leef, heelwat verskillende noemname het. Dink aan die bokmakierie, janfrederik, tiptol, ensovoorts.

Die uitsondering op hierdie reël is die kraai. In Suid-Afrika het die drie inheemse kraaie elk slegs een alternatiewe noemnaam: swartkraaikoringlandkraai; witborskraaibontkraai (mantelkraai); en withalskraairinkhalskraai.

(’n Volksnaam vir neushoringvoëls is boskraaie, hoewel hulle nie aan kraaie verwant is nie.)

Sedert hy my jare gelede in ʼn restaurant in die Baai aan Diemersfontein se sjokoladepinotage voorgestel het, kry ek so dan en wan ʼn e-pos met ʼn taaluitdaging van die fameuse Kerneels Breytenbach. My dag/week/maand word gewoonlik opgevrolik, want hy stel nou nie juis jou gemiddelde agt-tot-vyftaalvrae nie.

Vandeesweek: “Waar kom die woord ‘pylvak’ vandaan?”

Ek dag eers daar was ʼn verlaging in die algemene standaard van sy vrae, want dis tog voor die hand liggend: Pylvak kom uit …

As daar nou een manier is om taalgebruikers se lont aan te steek, is dit om ʼn plasing op VivA se Facebookblad te maak wat inhou dat hulle opvattings oor wat reg is verkeerd is.

Gebruiker Mari Brink stuur in die week ʼn noodroep: Bespreek asseblief die begrip "samestellende afleiding". Dit gee ʼn groot gestry af! Laat ons nou eenmaal hierdie tameletjie (wat nooit een was nie) kou en klaar kou.

Mari is reg oor ʼn klomp goed – dit is ʼn tameletjie, dit is ʼn voortslepende bron van taalkundige onmin, en dit moes nooit onmin veroorsaak het nie, want die begrip word behoorlik, en met genoeg voorbeelde, in die AWS se terminologielys bespreek. Min mense weet van die lys (en nog minder steur hulle daaraan), maar dit is kernbelangrik om die begrippe in die lys te ken omdat dit terminologie is wat in die bewoording van die reëls gebruik word. Sonder behoorlike begrip van die terminologie in die lys, verstaan ʼn mens ook nie die reëls nie. Daarbenewens is dit altyd wys om geverifieerde inligting oor moeilike taalkundige terminologie op te spoor en te vertrou, eerder as om staat te maak op die ongefundeerde (en verkeerde) bespiegelings wat ʼn mens op baie sosialemediaplatforms aantref.

Bladsy 2 van 2

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK