SNELLERWAARSKUWING: Hierdie rubriek bevat woorde wat hipersensitiewe gebruikers vuil kan laat voel. Indien taalkundige aspekte van kru woorde of sterretjies in die plekke van vokale jou ontstel, moenie verder lees nie! (Ma, klik nóú weg!)
In ʼn twiet op 15 November deser verskel Max du Preez een of ander kêrel met ʼn “Jou armsalige p**p*l.”
Die Taalkommissie sit dadelik op aandag, rooi penne in die hand: Is dit p**p*l (soos Max dit skrywe), of moet dit p**ph*l wees, soos wat dit pront in die WAT en HAT opgeteken staan?
Die vertakking van die taalwetenskap wat die oorsprong van woorde naspeur, hul eerste, oudste, betekenisse en verdere ontwikkeling, word die etimologie genoem. Wonder jy oor die herkoms van ’n Afrikaanse woord? Soek dan in die EWA, die WAT se Etimologiewoordeboek van Afrikaans, of in die groot Nederlandse etymologiebank.nl.
Teenoor dié spesialiswetenskap wat etimologiese speurvernuf vereis, staan die volksetimologie van Jan en alleman; gewone mense wie se tonge, in die verlede dalk meer dikwels as vandag, oor vreemde woorde gestruikel het: nuwe name vir nuwe dinge; goeters van elders; woorde uit ander tale; wetenskapsterme; vaktaal. Spontaan en heeltemal onwetenskaplik het ons voorouers tongknopers dikwels by hulle eie taal, hul eie variëteit, hul eie, unieke praatmaniere aangepas.
Dis vir enigeen moeilik om kop te hou met ʼn tweede (of derde of vierde of ...) taal. Leerders wat Afrikaans Eerste of Tweede Addisionele Taal moet bemeester, val dikwels vas met woorde wat baie na aan mekaar lê en moeilik vertaal. Moedertaalsprekers weet instinktief wanneer om die een te gebruik en wanneer die ander reg is, maar die oomblik as ʼn mens die onderskeid tussen die twee moet verduidelik, besef jy waarom hulle sukkel – die betekenis is soms so verstrengel en die onderskeid so fyn dat dit werklik kophou kos om die verskillende gebruikstoepassings duidelik te maak.
Deur Pieter Bosman
Heelwat voëlname is beskrywend van die voël se voorkoms of gedrag. Dink aan oranjeborsboslaksman, kwikstert, bronsvlerkdrawwertjie, bontkiewiet, ensovoorts – almal name wat amper “vanselfsprekend”, hoewel ietwat verbeeldingloos, is. Aasvoëls se naam val in hierdie groep. Hulle vreet “aas”; met ander woorde, iets wat reeds dood is. Taalkenners is onseker of die woord aasvoël ’n Afrikaanse skepping is, aangesien dit onbekend in Nederlands is (die woord gier word gebruik), tog bestaan die woord Aasvogel wel in Duits. Hoogdrawende Afrikaanssprekers gebruik ook “gier”.
Dit is kennelik onwelvoeglik en veral ongevraagd om kritiek op Afrikaanse “kuns”-films uit te spreek. Daarom sal ek maar liewer nooit in die openbaar sê dat ek ʼn paar keer verveeld op my horlosie gekyk het toe ons onlangs Kanarie gaan kyk het nie. Aangesien hierdie nie ʼn fliekrubriek is nie, mag ek dus maar skromeloos oor die taal van Kanarie praat.
ʼn Reuseuitdaging vir enige draaiboekskrywer of regisseur wat ʼn periodefilm maak, is die taalgebruik.
As jy in die nuutste (2017-uitgawe) van die Afrikaanse woordelys en spereëls die woord "breek" naslaan, sal jy die volgende inskrywing in die woordelys sien:
breek (die nuus –, 'n been –, vir middagete –), ge-
breek (verposing), breke
(Voetnoot: Die woordelys in die AWS is nie 'n verklarende of tweetalige woordeboek nie, dis 'n lys woorde wat spel- of standaardiseringskwessies veroorsaak. Daarom is daar nie in die woordelys 'n aanduiding van die woordsoort of die betekenis van 'n woord nie. Daar is wel fleksie, waaruit gebruikers kan aflei wat die woordsoort is. In hierdie geval is die "breek" met "ge-" 'n werkwoord en die "breek" met die meervoud 'n selfstandige naamwoord.)
In VivA se Taalwerkersforum vra George du Bruin onlangs: “Wie ken die woord “boslanster” vir iemand wat in die Bosveld woon? Waarop Jeanette Ferreira-van Jaarsveld antwoord dat sy in die Laeveld met dié woord grootgeword het. Toe ek Vrydag daarna verwys in Beeld se rubriek “Woordwisseling”, kry ek van prof. Fransjohan Pretorius ’n e-pos met dié interessante stukkie geskiedenis. Hy skryf: