VIVA SE BLOGS
Soekresultate vir: April 2018

Skoonvarke, en die onpas "swaer"


Donderdag, 26 April 2018 10:39

Ek kry in die week ʼn navraag: Hoekom praat ons van ʼn "skoonsuster", "skoonpa", "skoonma" en "skoonfamilie", maar nie van ʼn "skoonbroer" nie? Wat het dié man dan gesondig dat hy so buite die patroon val?

Die antwoord daarop is natuurlik "ons kry dit so uit Nederlands", soos dit menige keer die geval is met sulke etimologienavrae. Maar dit help ook nou nie ek gee vir die navraer inligting wat hy waarskynlik self reeds vermoed het nie – wat hy eintlik vra, is hoekom die Hollanders dit so gebruik.

Hierdie blog is ’n uitgebreide, verrykte weergawe van ’n rubriek wat op Vrydag 20 April in Beeld verskyn het, en wat jy hier kan lees.

Een van die lekkertes van my werk by VivA is om dop te hou hoe Afrikaans verander. As ek herhaaldelik ’n nuwe woord sien: in verskillende publikasies, in die sosiale media, in blogs ... Herhaaldelik ’n nuwe woord hoor: oor die radio, in podsendings ... Herhaaldelik bestaande woorde in nuwe betekenisse gewaar ... Dan maak dit my bly, want Afrikaans word verryk en ek kan my vonds in VivA se woordeboekportaal gaan opteken.

Saam met elke dag se nuus kry Afrikaans nuwe woorde by. Ons leen, ons vertaal, ons skep self. Want so gemaak en so gelaat staan, is Afrikaans nog lank nie. Verslaggewers wat daagliks oor nuwe ontwikkelings, uitvindings, ontdekkings berig, speel ’n onmisbare rol om woordeboekmakers se aandag op nuwe woorde en nuwe betekenisse te vestig. Hier is ’n paar van my waarnemings van die afgelope week:

Belt en kruisbande


Saterdag, 14 April 2018 08:53

Hierdie blog is ’n uitgebreide en verrykte weergawe van ’n rubriek wat op Vrydag 13 April in Beeld verskyn het, en wat jy hier kan lees. 

WindhondBelt en kruisbande. Dit is ’n uitdrukking wat my pa graag gebruik het wanneer hy dubbele voorsorg getref het dat iets gebeur of onthou word. Net so is Afrikaans met sy dubbele nie ’n belt-en-kruisbandetaal. Dikwels is twee nie eens genoeg nie, want hoor ’n mens nie soms: “Julle vertel my ook nooit niks nie!”?

Dit kom voor of ons ’n onbewuste, ingebore drang tot nadruklikheid het wat ons nie suinig met woorde maak nie. Ons maak seker ons word begryp. Dubbelseker. 

'n Pyn in die oog (!!!!!)


Donderdag, 12 April 2018 12:39

Gereelde VivA-gebruiker Elridus Grobler vra: Hoe werk beklemtoning in tekste? Mag ʼn mens twee uitroeptekens gebruik? En wat van ʼn vraagteken en ʼn uitroepteken? Of is dit ʼn geval van "te veel van ʼn goeie ding is eintlik te veel"?

Net ’n aap “huh” as hy “ ’n”


Vrydag, 06 April 2018 11:13

Hierdie blog is ’n uitgebreide en verrykte weergawe van ’n rubriek wat op Vrydag 6 April in Beeld verskyn het, en wat jy hier kan lees.

Wanneer is ’n woord ’n woord? ’n Woord word woord as twee of meer mense aan ’n vaste reeks klanke wat hulle met hulle spraakorgane voortbring, dieselfde betekenis heg. “Stoel” is ’n stoel, “tsloe” nie meer nie. Deur klanke in te ryg, hulle in skynbaar eindelose kombinasies te rangskik, het ons oergrootjies soos wafferse Scrabble- en Babanagrams-spelers, tale geskep. Dié gekreun en gesteun kan ’n mens jou vandag nog indink, want vir tussenwerpsels en uitroepe geld steeds dieselfde beginsel: “oesj” is nie “sjoe” nie, en “tsj” is nie “sjt” nie.

 

Ek kry gister ʼn versoek van ʼn gebruiker: Skryf tog vir ons iets oor "met". Ek mis tog so vir "met", dit was vir my so ʼn liewe, onmisbare voorsetsel, maar dit lyk my "met" is helaas in Afrikaans oorle.