Items per datum gefilter: Junie 2018

Daardie verpestelike Australianers

Vrydag 29 Junie 2018 08:48

Ons plaas daagliks op VivA se Facebookblad ʼn taalwenk. Dis in grafika ingebed, en ek pas moeilik meer as ʼn sin en ʼn voorbeeld in so ʼn prentjie in, daarom moet ek mooi besin oor wat ek in so 'n wenk wil plaas. Dit help nie ʼn mens probeer ʼn ingewikkelde saak soos afleidings van eienaamwoorde in so ʼn wenk inprop nie – ek kan hoogstens een voorbeeld daarvan aanhaal en dan hoop die gebruikers op die blad gaan slaan in die bron self na wat die reëls is. Soms gebeur dit, meestal nie. Gebruikers vra op die blad self, en ek moet soms bontstaan om al die vrae te beantwoord. Veral as die kwessie mense warm onder die kraag het.

So plaas ek hierdie week (op versoek van ʼn paar gebruikers) die wenk dat die inwoners van die eilandjie doer onder in Afrikaans Australiërs genoem word, nie Australianers nie.

Wie is Afrikaans se beste liriekskrywer óóit?

Koos Doep? Lucas Maree? Amanda Strydom? Jannie du Toit? Anton Goosen? Of moet ons kontemporêres soos Hunter Kennedy, HemelBesem, Bittereinder, Spoegwolf en Valiant Swart insluit? En wat van goue oues soos Chris Blignaut of Die Briels?

Dis waarskynlik ʼn onbegonne taak, maar vir my is daar een wat kop en skouers bo die res uitstaan …

Ek kry heelwat navrae oor sinonieme. Dis skoolwerk, en dis iets wat geleer moet word, maar dit lyk my dit wat mense onder die term verstaan, verskil hemelsbreed. En die "skooldefinisie" daarvoor, wat lui dat dit gewoon "woorde met dieselfde betekenis" is, gee ook nie die kompleksiteit van die verskynsel behoorlik weer nie.

Desperate navraag laat die aand: Tannie, ons skryf môre Afrikaans en ek sukkel met trappe van vergelyking. Hoe weet ek wanneer is dit "meerder" en wanneer is dit "meeste"?

Ek rol nie meer my oë nie, nie vir die navraag, die omvang van die onkunde of die tyd nie. Ek herken paniek, selfs op ʼn WhatsApp, en weet ʼn mens hou jou preek vir ʼn meer toepaslike oomblik.

Gelukkig (vir die navraer se onthalwe en vir myne) is die reëls vir die trappe van vergelyking in die nuutste uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls opgeteken. Hoofstuk 16 bevat die volledige stel voorskrifte en vervang elke leer en dwaling wat tot nou toe oor die saak verkondig is. Boonop is daar voor in die hoofstuk ʼn baie nuttige tabel opgeneem wat dit vir elke opvoeder, leerder en gebruiker glashelder behoort te maak wanneer ʼn mens -er en -ste, en wanneer ʼn mens meer en die meeste gebruik.

So werk dit:

Dit is byna drie maande sedert ek laas ʼn rubriek geskryf het.

Waarom? Ek het my toegesluit en afgesluit en weggesluit om navorsing te doen.

Waaroor? Oor die vermaledyde woord “huidiglik”.

Wanneer het “huidiglik” sy kop vir die eerste keer uitgesteek? Oudpolitikus Japie Basson gis dat dit moontlik in die vroeë 1970’s in die mond van John Vorster ontstaan het. Tydens ʼn bespreking van sy eersteministersbegrotingspos het hy dralend “huidig…” gesê en toe “…lik” daaraan toegevoeg. Ek kon geen ander bewyse hiervoor kry nie, maar ook geen teenstellings nie. Die eerste konkrete bewys van “huidiglik” in ʼn publikasie, kom wel uit ʼn 1974-uitgawe van die Journal of the South African Veterinarian Association.

Kry vanoggend ʼn navraag van ʼn gebruiker: Wat is "huiswerk"? Dis vroeg en ek is nog deur die blare, en ek wil antwoord "ʼn pyn in die dinges", maar toe besef ek sy praat van woordsoorte, nie betekenis nie. Watter woordsoort is "huiswerk", wil sy weet.

In verlede week se blog het ek gewys hoe ʼn mens abstrakte selfstandige naamwoorde in ʼn sin identifiseer. Hierdie week gesels ek vinnig oor massanaamwoorde en hoe om hulle in ʼn sin uit te ken.

Groentesop en vrugteslaai

Vrydag 01 Junie 2018 19:36

Hierdie blog is ’n uitgebreide, verrykte weergawe van ’n rubriek wat op Vrydag 1 Junie in Beeld verskyn het, en wat jy hier kan lees.

Tamatie’n Groot deel van Afrikaans se idiomeskat is reeds etlike honderde jare oud. Baie van ons spreekwoorde en gesegdes gaan selfs terug tot vorige millennia. Heelparty dateer van die Griekse en Romeinse mitologie. Sommige is aan oeroue fabels ontleen. Talle kom uit die Bybel. Nog ander uit die Middeleeue en die riddertyd.


Uit die dae toe ons voorgeslagte nog na aan die natuur geleef het, kom gesegdes wat aan die diere van die veld en hulle gewoontes herinner. Verskeie Afrikaanse uitdrukkings het hulle oorsprong in die seevaart en die lewe van matrose. Uit die agrariese leefwyse van ons voorouers kom idiome wat aan die landbou ontleen is. Uit die trekkersbestaan van weleer uitdrukkings wat met waens en osse verband hou.

Maar dié week was ek in die WAT en die HAT se vrugteboorde en groentetuine, waar plante nie net as voedsel dien nie, maar ook kleur aan ons taalgebruik verleen. Hier is ’n mandjie vol:

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK