Items per datum gefilter: Augustus 2018

Vanwaar kom "poenankies" dan, Gehasi?

Vrydag 31 Augustus 2018 06:23

“Sê nou jy glo jy is dom, vet en lelik, dan sal jy nie ver in'ie lewe kom'ie, al dink anner mense ok jy's vreeslik poenankies.”

Só preek Zita vir haar sustertjie in Anzil Kulsen se 2006-debuutroman.

Poenankies beteken ‘oulik’ of ‘fraai’, ʼn lekker alternatief vir die slengwoord cute. Dis ʼn ou bekende woord in die suideliker en westeliker vorme van Afrikaans, maar het eintlik eers onlangs meer bekendheid in die res van die land begin geniet. In die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls word poenankies vir die eerste keer as Standaardafrikaans erken.

As jy ʼn oningewyde poenankies-gebruiker soos ekke is, is dit belangrik dat jy van ʼn paar taalkundige aspekte van die woord kennis neem.

Pediunker, peddie, nellie en wulp

Dinsdag 28 Augustus 2018 06:42

Deur Pieter Bosman

pediunker (foto: Wikipedia)Binnelanders word dikwels deur name van seevoëls verwar. Dis waarskynlik omdat matrose nie op een plek gebonde is nie en hulle aan ander tale en kulture se benamings vir voëls (en visse) blootgestel word. 

Ek probeer om die oorsprong van die eienaardige naam pediunker te kry, en die beste wat ek kan vind, is dat dit sy oorsprong in Tristan da Cunha het – heel waarskynlik in die eerste helfte van die vorige eeu. Die naam peddie klink asof dit ’n afleiding van pediunker kan wees, maar dis my bespiegeling. Ongelukkig het geen Afrikaanse woordeboek die woord peddie opgeneem nie, dus is daar geen hulp van daardie rigting nie.

Proe hoe soet ’n ghoukom smaak

Saterdag 25 Augustus 2018 14:07

“Laat jou verhemelte die woorde proe.” Dit sê T.T. Cloete? In “Verhemelte” in sy bundel Met die aarde praat (1992). En Job 12:11: “Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte kos proe nie?”

Daaraan dink ek vandag. Die Elektroniese WAT voor my oop. Die letter "g" van die CD-ROM-uitgawe. Gelok deur die WAT se woorde van die week: “ghoef”, “ghoeliegoen”, “ghoema”. 

Ek laat my dikwels deur die WAT verlei. Woorde van allerlei soorte het ek nodig soos kos. Vandag rol ek my tong om die suigklapklanke van Namakwaland.

 

Wat's in 'n naam?

Vrydag 24 Augustus 2018 10:03

"What's in a name?" vra die stomme Juliet vir haar Romeo, en hef dan ʼn ellelange argument aan oor die redes waarom haar geliefde se naam nie hulle liefde sal beïnvloed nie – hy is dan nou so perfek, al is hy ʼn Montague. Goed, sy was jonk en verlief, en aan die einde van die drama weet ons presies wat alles in die naam gesteek het. Meer as wat Juliet gedink het, in elk geval.

Die meeste van ons dink so aan name – as iets wat ons aanwys en in gesinne, families en geslagsregisters kategoriseer. Ons dink nie eintlik aan name as iets wat betekenis inhou nie. En tog kan dit.

Deur G Ollie Olwagen       

Die rondte van vader Cloete doen. Ons ken mos almal die uitdrukking. Dit word gesê van iemand wat alle mense besoek wat hy wil of moet, sonder om enigiemand oor te slaan. Etimoloë probeer al dekades lank uitvind hoe hierdie uniek Afrikaanse idioom ontstaan het en wie die raaiselagtige "vader Cloete" dan nou eintlik was wat hom net so getrou op sy rondtes bewys het as Vader Krismis op syne.

Ek het self geglo dat 'n bekende idiomenavorser (reeds oorlede) destyds vir ons die finale antwoord gehad het. Hy het geskryf en dis hoe ek dit toe iewers opgeteken het: "Dit kom waarskynlik van die rondgaande hof se sittings wat in 1812 in Graaff-Reinet, Uitenhage en George gehou is en wat as die Swarte Ommegang bekend was. Pieter Laurens Cloete was een van die regters."

Maar toe moes ek onlangs weer iets oor "vader Cloete" vir 'n publikasie skryf – en kom af op ’n geskrif van wyle oudregter prof. Hennie Erasmus van Stellenbosch wat lyk of dit nie met die bogenoemde strook nie. Prof. Erasmus is egter ongelukkig ook reeds oorlede, in 2016, en ek kon hom dus nie invra oor die kwessie nie.

Salpetus?

Saterdag 18 Augustus 2018 17:05

“As jy in die Vrystaat bergklim en voorouers se grafte besoek, sal jy op natuurskatte soos die salpetus afkom.” Dié sin in ’n graad 10-Afrikaans Addisionele Taal-handboek het dié week minstens een Afrikaansonderwyser en haar leerders laat kopkrap.

Hoeveel tale in die wêreld?

Saterdag 18 Augustus 2018 16:36

“Hoeveel tale is daar in die wêreld?” vra iemand per e-pos. Ek antwoord met ’n paar statistieke:

Volgens die taaldatabasis Ethnologue is daar in die wêreld vandag 7 097 lewende tale: 288 in Europa, 1 060 in die Amerikas, 1 306 in die Stille Oseaangebied, 2 143 in Afrika en 2 300 in Asië.

Hopmajantjie met woorde

Saterdag 18 Augustus 2018 09:40

“Kyk hoe die taal verander het sedert 1923,” sê Frikkie Lombard, eindredakteur van die WAT, op Facebook. Dit gaan oor dié sitaat van C. Louis Leipoldt, uit sy boek Skoolgesondheid, wat tussen 1916 en 1934 verskeie kere herdruk is: “Hy (die kind met ’n swak hart) moet veral nie reisies ja nie, en veel sports doen, teen ooraanstrenging waak en trag sy hart so min te oorverg as moontlik.”

Ooraanstrenging, trag, oorverg. “Trag” klink lekker op die oor, sê ander Frikkie, Frikkie Booysen. Maar vandag “probeer” ons net; ons “trag” nie meer nie. Hy trag soms nog, sê Jean Meiring.

Ek blaai deur die elektroniese WAT; soek nog “Leipoldtwoorde”.

Wikkel-wankel op die hakke van Engels

Saterdag 18 Augustus 2018 09:02

Die Engelse werkwoord “run”, vir wanneer ’n mens jou bene op hulle vinnigste gebruik, word in Afrikaans met die werkwoord “hardloop” vertaal. In die meeste ander betekenisse, waar ’n mens nié letterlik met jou voete hardloop nie, is “run” in idiomatiese Afrikaans “loop” of word ’n ander werkwoord gebruik. (“She runs the shop” – “Sy bestuur die winkel.”)

Is een woord genoeg?

Saterdag 18 Augustus 2018 08:48

As daar klaar ’n woord is vir ’n ding, hoekom wil ’n mens nog ’n woord hê? “Venue” naas “plek”, “app” naas “toep”, “smoothie” naas “gladdejantjie”?

Bladsy 1 van 2

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK