Ek het hierdie week verskeie navrae oor die skryfwyse van straatname in Afrikaans gekry. Ek vermoed dit het dalk iets met die skoolkurrikulum te make, maar dis miskien goed om in ieder geval inligting oor die saak bymekaar te sit. Die konvensies en reëls wat hierop van toepassing is, is so 'n bietjie verstrooi, selfs in die AWS, en dit is dalk nuttig om dit in een dokument byderhand te hou.
“Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?” Van die vervlietende wêreld van Uys Krige se vissers en Afrikaans as visserstaal bied die WAT kosbare glimpe:
Van skuite en bakkies – klein visserskuitjies wat onder meer gebruik word om van groot visskuite na die land te roei – word die afskortings binne-in die skuit “laaitjies” genoem. Elke laaitjie het sy eie naam. Die laaitjie se naam is ook die naam van die bemanningslid wat daar op die “dof” (die dwarsbank, roeibank) sit, sy vangs in sy laaitjie hou en die “rieme” (die skuit se roeispane) help werk.
My derde mees gehate liedjie óóit is Toto se 1982-treffer “Africa”. Kyk, jy kan mos nie ʼn Suid-Afrikaanse draadloos aanskakel nie, of dié Eurosentriese popnommertjie blêr binne die eerste uur of vier gewaarborgd deur jou huis. En Eurosentries begin nie eers om dit te beskryf nie! Die arme liedjieskryfkindertjie was sekerlik nog nooit eers in Afrika nie:
Sure as Kilimanjaro rises like Olympus above the Serengeti
Selwers was ek ook nog nie in die Serengeti nie, maar standerd 7-Aardrykskunde het my tog bemagtig om sterk te vermoed dat dit onsin is.
Ek kry vroegoggend 'n navraag van 'n VivA-gebruiker wat in 'n taalargument met kollegas vasgeval het: Skryf 'n mens Die ondersteuners het op die spelers geskree en gevloek of is dit Die ondersteuners het op die spelers geskree en vloek? Die rede vir die verwarring en die vraag is dat daar blykbaar 'n reël in skoolgange ronddool wat lui dat "twee aksies wat op dieselfde tydstip plaasvind nie in die verlede tyd albei ge- kry nie".
Ek het simpatie met die vraagsteller en die verwardes, want dit is weer een van daardie skoolreëls wat gemaak is om kinders te help, maar eintlik almal van die wal in die sloot help. Onthou maar altyd: As die kortpad 'n kortpad was, sou die lang pad daarlangs geloop het. Dit geld ook vir taalreëls.
Gedurig is iemand in ’n omgekrapte bui. So voel dit deesdae. Nou ja, rede is daar seker genoeg. En woorde ook, te oordeel na die WAT se versameling. Van toeka op ons agterpote kry Afrikaanses skynbaar gereeld die die ritteltit(s) en papelellekoors; die aap-, apie-japie-, bobbejaan-, galop- en blouwildeboepensstuipe.
Vra Cules Hammann onlangs in ’n gesels-e-pos: “Waar kom die woord ‘bruilof’ vandaan?” Nie twee dae later nie duik ’n vraag oor die herkoms van “huwelik” iewers op Facebook op. Smaak my iewers het iemand ʼn broek vol planne ...
Vir die geleentheid waar twee mense mekaar trou beloof, het ons in Afrikaans ten minste vier sinonieme: “troue”, “egverbintenis”, “bruilof” en “huwelik”. Lekker uitspattig en #balketoe!