Items per datum gefilter: Augustus 2019

Nuut in AWEA: Junie tot Augustus

Vrydag 30 Augustus 2019 01:51

NuutAug2019Ons lewe in ’n wêreld wat deurentyd verander. Met woorde probeer ons van dié wêreld sin maak. Elke dag is daar nuwe dinge wat benoem moet word, nuwe gebruike van bestaande woorde wat verduidelik moet word. Woordeboeke van lewende tale moet daarom deurentyd hersien word. Wanneer leksikograwe hiervan vertel, doen hulle nie net van hulle eie werk verslag nie, maar ook van hoe die taal verander: Kyk. Hiermee is ons besig. Dit is van die woorde wat ons op een plek bymekaarbring – nuwes; oues met nuwe betekenisse; nuwe samestellings; woorde wat tevore misgekyk is. Formeel, informeel; woorde uit verskillende variëteite; eiegoed, leengoed ...

In die AWEA, VivA se nuwe Woordeboek van Eietydse Afrikaans, is daar by die skryf hiervan reeds 1 126 artikels. Van aaire (“eerder”), uit Kaaps, tot by Zumaïet.

Hier is ’n paar van Junie tot Augustus se nuwe inskrywings.

Spellers en tellers

Donderdag 29 Augustus 2019 19:50

Deur Marné Pienaar  

MarnéPienaar

Party van ons kan tel, en ander kan spel. Syfers, getalle en nommers intimideer spellers. Hulle PIN’s is woorde: BANK vir die bankkaart, REKENAAR (raai waarvoor?) en BESEM vir die skoonmaakdienste. Hulle kan net persentasies uitwerk as iets uit 10, 20, 25 of 50 (en liefs uit 100) tel.

Ná ’n leeftyd by dieselfde werkgewer, moet die spellers steeds op die deur gaan kyk om te sien in watter kantoor hulle nou eintlik sit, telkens hulle personeelkaarte uitgrawe as hulle ’n personeelnommer op 'n vorm moet invul en weet hulle regtig nie wat hulle telefoonuitbreiding is nie.

Die ellendige e

Donderdag 22 Augustus 2019 11:25

Daar is ʼn paar onderwerpe op ʼn taalblad soos VivA sʼn wat altyd hewige reaksie uitlok. Ek bêre hulle meestal vir tye wat ek psigies vasberade voel, want die menings oor die saak is sterk, die manier waarop dit uitgedruk word, is sterk, en die stukrag waarmee die meningsvormers hulle in ʼn skare organiseer, is sterk. Kyk, ek het alles veil vir volk en vaderland, maar daar was al dae waarop ek gedreig het om myself aan ʼn Armeense bokboer te verkoop net om van grammatika te ontkom. (Gelukkig onthou ek elke keer betyds ek kan nie kook nie.)

Kaatjie en klaar

Saterdag 17 Augustus 2019 11:20

AnnaIn ’n vorige blog (op 19 Oktober 2018) skryf ek oor Gawies, Japies, Janne en Hendrikke: Afrikaanse mansname wat in ou uitdrukkings mense in die algemeen, en ook diere en gepersonifieerde dinge aandui. Op Vrouedag kom iemand daarop af en vra: Waar is die vroue dan?

Hulle is minder, maar ek kry vir Antjie, Bella, Bertha en Margriet, Martha, Saartjie, Sannie en nog ander.

Jantjie wat skaam maak

Vrydag 02 Augustus 2019 08:57

mieliebrak“Die jantjies laat my gril. Oulike, betekenislose woordjies wat my skaam maak vir Afrikaans.”

Komende van iemand, nou die anderdag, toe kollega Sophia in VivA se Taalwerkersforum vra: “Kosmense, Pharos se Engels-Afrikaanse woordeboek gee ‘jantjie’ vir ‘corn dog’. Sê asseblief vir my ons het intussen iets anders daarvoor uitgedink.”

“Mieliebrak”, “worsie-op-’n-stokkie”, “mielieworsie” ...

“Hulle noem dit ‘yankees’ hier rond. Dalk waar die ‘jantjies’ (gril) vandaan kom,” sê nog iemand.

’n Ander: “Niemand gaan weet wat hulle eet as hulle kleinletter-‘jantjies’ eet nie, behalwe die mense wat woordeboeke vir voorgereg verorber.”

Ja. “Jantjie” maak ons skaam. Maar die skoen pas en ek gaan wei in die WAT ...

Oor "word" en "raak", en "sal" en "gaan"

Vrydag 02 Augustus 2019 07:53

Ek kry heelwat navrae oor die uitruilbaarheid al dan nie van sal x gaan en word x raak. Is dit sinonieme, of is die een verkieslik bo die ander?

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK