Items per datum gefilter: Maart 2020

Woordsoorte: 'n Inleiding

Vrydag 27 Maart 2020 10:53

Woordsoorte is een van daardie afdelings van grammatika waaroor die meeste mense ? hoofpyn kry as hulle net die term hoor. Die herkenning van woordsoorte is ook vir die meeste leerders ? moeilike vaardigheid om aan te leer, want dis soms ? gesukkel, soms ? haarklowery, en soms ? moeras van verkeerde inligting wat almal net van die wal in die sloot help.

So swaar as wat dit is, is dit allernoodsaaklik om die herkenning van woordsoorte wel te bemeester, want daar is bykans nie ? hoofstuk in die AWS waarin daar nié na woordsoorte verwys word nie. As jy spelreëls wil verstaan, moet jy woordsoorte kan herken. Dit help veel daar is ? reël soos "eienaamwoorde word met hoofletters geskryf", maar ? mens weet nie wat ? eienaamwoord is nie. Of "byvoeglike naamwoorde word los geskryf", maar jy weet nie hoe om te bepaal of privaat ? byvoeglike naamwoord is of nie. (Dit is.)

In hierdie reeks blogs oor woordsoorte probeer ek om ten minste net ? voetpad in die oerwoud te skep. Ons (dis nou ons hier by VivA) is besig om ? behoorlike grammatika te skryf waarin die saak meer breedvoerig en wetenskaplik uiteengesit sal word, maar intussen is daar hierdie hulp vir ouers en leerders wat darem iets in die koronatyd moet leer.

Afskeidsode aan die aanvoegende wyse

Donderdag 05 Maart 2020 12:52

Ek het sedert die begin van die jaar 'n hele paar navrae oor die sogenaamde "aanvoegende wyse" gehad. Ek vermoed die ding het iewers in 'n vraestel sy verskyning gemaak, want ek kom agter daar is so 'n ligte aggressie in die formulering van die vrae wat na my kant toe geslinger word. Nie dat ek die vraagstellers vir hulle aggressie verkwalik nie. Kom ek stel dit so: Ek het in 1982 gematrikuleer, en ek het verlede jaar eers geleer dat daar so ʼn ding soos die aanvoegende wyse is. Die aggressie oor 'n taalfossiel wat uit die dood uit opgewek is om skoolkinders te terroriseer, is nie misplaas nie.

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK