VIVA SE BLOGS
Soekresultate vir: Februarie 2021

Sintaksis: Die indirekte objek


Donderdag, 25 Februarie 2021 09:44

Trefwoorde: indirekte objek; indirekte voorwerp; sinsfunksies; sintaksis; sinsontleding

In die vorige aflewering van hierdie reeks blogs oor ontkenning in Afrikaans, is die ontkenningsbywoord, ontkenningspartikel, ontkenningswoorde en ontkenningslidwoord van naderby beskou. (Hierdie woordsoortindeling word behoorlik bespreek en gemotiveer in VivA se Afrikaanse skoolgrammatika (ASG), gratis toeganklik via ons Taalonderrigportaal op ons webblad.)

In hierdie aflewering kom ontkenning in veelvoudige en saamgestelde sinne, sowel as die onnodige gebruik van ontkenning saam met sekere werkwoorde en voegwoorde, aan bod.

Ons kyk nie ʼn gegewe objek in die bek nie


Woensdag, 10 Februarie 2021 06:53

As kind het ek maande voor die tyd reeds begin droom van die perfekte kersgeskenk. ʼn Maand voor Kersfees het ons kinders altyd ʼn belangrike oproep van Pa se broer, oom André, ontvang, wat in ʼn diep basstem as vermomde “Kersvader” wou weet wat ons hierdie jaar vir Kersfees wil hê. Op Kersdag was dit egter Pa wat die hele middag verdwyn het, en ʼn ronde, vriendelike omie met ʼn rooi plastiekpak en -baard het in sy plek verskyn om al die niggies en nefies se harte te verbly met ʼn HO-HO-HO en goedkoop Chinese speelgoed wat voor Nuwejaar deur die Pickup-trok opgelaai is. Hetsy jou hartsbegeerte vervul is, hetsy jy al weer sakdoeke by oom Charles en tannie Anna gekry het, Kerstyd was nog altyd ʼn tyd om te gee en ʼn tyd om te ontvang.

Een van die lekker dinge van ʼn taaldiens soos hierdie, is die uiteenlopende aard van die navrae wat op my lessenaar/rekenaarskerm beland. Daar is nie geleentheid vir verveling nie, en baie van die navrae stuur my op ʼn kruistog om ʼn korrekte antwoord te kry.

“Nee, mamma, nee!”: Ontkenning in Afrikaans I


Woensdag, 03 Februarie 2021 13:27

Geskryf deur dr Stefan van Zyl

 

Ontkenning/Negativering (oftewel die omskakeling van ʼn positiewe sin na ʼn negatiewe sin) neem in Afrikaans verskeie vorme aan waarvan die “dubbel negatief” die bekendste vorm is. Hoewel sommige hedendaagse Afrikaanse sangers neig om die bestaan van dubbele ontkenning in hul lirieke te ontken (en dit dan heel nonchalant aan digterlike vryheid toe te skryf), is hierdie grammatikale struktuurreël steeds ononderhandelbaar in moderne Standaardafrikaans.

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.


NUUSARGIEF

FACEBOOK