Soekresultate vir:
Mei 2021
Trefwoorde: afkortings, VivA-app
- Daar bestaan twee weergawes van ons app: 'n vanlyn weergawe en 'n aanlyn weergawe Jy kry via ons aanlyn app toegang tot die afkortingslys in die AWS. As jy via die app ingeteken het op die HAT en WAT, kan jy ook in dié bronne naslaan.
- Tik die volvorm van die woord in, bv. "meneer".
- Die app gee vir jou 'n lys bronne waarin die trefwoord voorkom. Klik op AWS (2017): Lys van afkortings en simbole.
- Die afkorting (mnr.) word saam met die volvorm gegee.
- Onthou van hoofstuk 3 in die AWS waar die wisselvorme Van sekere afkortings bespreek word.
- Die vorm in die afkortingslys is die voorkeurvorm (die vorm waarvan die meeste mense hou). Die vorm met die punt (mnr.) is dus gebruikliker as die vorm daarsonder (mnr), daarom is slegs die vorm met die punt in die afkortingslys, maar albei is korrek.
- Indien daar nie 'n afkorting vir 'n woord in die lys is nie (bv vir die woord.onderwyser) beteken dit daar is nie gestandaardiseerde afkorting opgeteken nie.
- Jy mag wel enige woord afkort. Kyk dan in hoofstuk 3 van die AWS hoe om dit te doen.
- So 'n afkorting is nie opgeteken of gestandaardiseer nie, wat beteken 'n mens sal dit aan die begin van 'n teks (byvoorbeeld 'n jaarverslag) moet definieer.
- Dis ook onbillik om so 'n ongestandaardiseerde afkorting in 'n toets of eksamenvraestel as 'n antwoord te verwag.
As jy met die app regkom nie, stuur 'n navraag aan ons voltydse taaladviseur by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of per whatsapp na 062 126 0295.
VivA-groete
Sophia
Trefwoorde: WAT; woordeboeke; Woordeboek van die Afrikaanse Taal
Deel 16 van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is onlangs in Stellenbosch bekendgestel. Hierdie woordeboek word deur 'n gideonsbende saamgestel, wat rugbreekwerk doen om Afrikaans in sy volle reikwydte en diepte, en met erkenning aan al sy variëteite, op te teken. VivA het met doktor Frikkie Lombard, eindredakteur van die woordeboek, gesels oor die belangrike werk wat die WAT vir Afrikaans verrig.
Trefwoorde: akademiese bronne; akademiese skryfvaardighede
In my nuwe blogreeks fokus ek op enkele aspekte van akademiese skryfwerk met die oog op VivA se werkwinkel oor akademiese skryfvaardighede wat eersdaags bekendgestel word. Hoewel die meeste tersiêre onderriginstansies modules in akademiese geletterheid aanbied, ontvang VivA dikwels navrae van studente en dosente wat met akademiese skryfvaardighede verband hou. Een van die grootste knelpunte blyk die hantering van akademiese bronne te wees, en daarom spring ek met hierdie onderwerp weg.