VIVA SE BLOGS
Soekresultate vir: Maart 2022

VivA se woordsoortdefinisies


Dinsdag, 22 Maart 2022 11:37

In hierdie video, spesifiek gerig op dosente van Onderwysafrikaans, onderwysstudente en Afrikaansonderwysers (insluitend nasorgonderwysers en tuisonderwysers), word inligting gegee oor die wyse waarop VivA tussen verskillende hoofkategorieë of woordsoorte op hul klaskamerhulpmiddel "’n Plakkaat met ’n definisie van elke woordsoort" onderskei.

Die VivA-taaladviesspan kry onlangs ʼn navraag oor die verskil tussen beeldspraak (imagery) en stylfigure (figures of speech). Aanvanklik het ek gedink dat die antwoord redelik voor die hand liggend is, maar groot was my ontnugtering toe ek dieper begin delf. Vir die doel van hierdie blog het ek die onderskeie Kurrikulum- en assesseringsbeleidverklarings vir Afrikaans (KABV), Literêre terme en teorieë (LTT), die Nederlandse Lexicon van literaire termen (ook op die LTT-webtuiste) en die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) geraadpleeg ten einde ʼn antwoord te probeer vind. Ek het ook ondersoek ingestel na die term retoriese middele/middels omdat dit met voorgenoemde terme verband hou.

Moedertaalsprekers kort nie eselsbruggies nie. Hulle beskik reeds oor ’n interne grammatika of ’n versameling patrone wat verfyn word namate hulle met ander moedertaalsprekers in kontak kom. Dink mooi daaroor: Niemand het vir jou gesê dat Afrikaans ’n V2-taal is nie. Met ander woorde, niemand het vir jou pertinent gesê dat ’n werkwoord in die meeste Afrikaanse sinne altyd ná die subjek (of onderwerp) kom nie (bv. Ek gee klas; Ek merk boeke, ens.), tog weet ’n mens dit en formuleer jy jou sinne so.

Niemoedertaalsprekers kort egter meer leiding. ’n Integrale deel van die aanleer van ’n addisionele (of tweede addisionele) taal is die gebruik van ’n monitor of ’n redigeerder. Dit is die siening van ’n kenner van tweedetaalverwerwing, Stephen Krashen. Dit is juis wat STOMPI is – dit is nie ’n taalreël nie. Dit is ’n monitor, reseppie of eselsbrug wat deur addisioneletaalleerders gebruik word om die vorming van sinne te monitor, sodat dit samehangend is.

Ek wil ’n scenario skets.

Die Afrikaansonderwyser staan voor in die klaskamer en spring weg met die aanbieding van taalstrukture en -konvensies (grammatika) met behulp van voorbeelde, met of sonder verduidelikings. Hierna word voortbeweeg na die oefeningfase waar die taalstrukture en -konvensies onder gekontroleerde omstandighede met behulp van opdragte/aktiwiteite ingeoefen word. Dan volg die produksiefase waar leerders betrokke is in vryetaalproduksie, byvoorbeeld die gebruik van die betrokke taalstrukture en -konvensies as deel van een of ander teks (bv. ’n advertensie) wat geskryf word. Somtyds is onderrig egter net beperk tot die eerste twee fases. Klink dit vir jou bekend?

Daar is soveel definisies vir die term sin wat verhoed dat onderwysers weet wát ’n sin nou eintlik is,  watter tipe inligting hulle moet insluit en watter voorbeelde hulle moet gebruik wanneer die sin onderrig moet word.

Daar is ook 11 uitdeelstukke wat die kerninligting van elkeen van die woordsoorte opsom – iets wat uitgedruk en in leerders se boeke geplak sou kon word.

Hierdie uitdeelstukke is van so ’n hoë gehalte op die web gepubliseer dat dit uitgedruk en as “plakkate” in klaskamers gebruik sou kon word.

Hierdie leerhulpmiddel is ’n A0-plakkaat waarop die definisie van elke woordsoort gegee word – ook geïllustreer met voorbeelde.

Afrikaansonderwysers, as jy graag wil verstaan waarom ons ons definisies van die onderskeie woordsoorte op ’n sekere wyse geformuleer het, gaan kyk asseblief die nuttige, gratis, aflaaibare video wat ook op hierdie bladsy beskikbaar is. Die naam van hierdie video is "Die definisies van woordsoorte".

Hierdie A0-plakkaat gee ’n uiteensetting van die verskillende Afrikaanse woordsoorte (of hoofkategorieë) én die soorte (of subkategorieë) waarin elke woordsoort verdeel kan word, elkeen toegelig met voorbeeldwoorde.

Videomateriaal: inleiding tot woordsoorte


Donderdag, 03 Maart 2022 22:25

 

Die volgende kreatiewe, lewenswerklike video kan in die Afrikaansklaskamer gebruik word om woordsoorte aan veral jonger leerders bekend te stel.

Die debat oor taalkwessies


Woensdag, 02 Maart 2022 10:41
Die afgelope week was vir taalwerkers uitdagend. Daar het in die pers en op sosialemediaplatforms ʼn bakleiery losgebars oor spelling wat ons behoorlik laat bontstaan het. Is die man nou Wladimir Poetin of Vladimir Putin, en wie of wat is jý nou as jy die een of die ander spelvorm voorstaan?
Bladsy 1 van 2

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.


NUUSARGIEF

FACEBOOK