Saterdag 03 Maart 2018 16:51

Namibiërs is deel van Afrikaanse gemeenskap

Die afgelope week het die Taalkommissie (TK) van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) vir die tweede keer in sy bestaan in Windhoek, Namibië vergader. Die eerste keer was in Maart 2013.

Waarom wéér in Namibië vergader? Namibië het die tweede grootste populasie moedertaalsprekers van Afrikaans in die wêreld (naastenby 200 000). (Australië is die land met die derde grootste populasie met so ongeveer 35 000 Afrikaansmoedertaalsprekers.) Daarom dien daar ook Namibiërs by wyle in die Taalkommissie, byvoorbeeld Herman Beyer (tot en met 2017) en Leona Compion (vanaf 2018; flussies meer oor haar). Soos die vorige keer, het ons die afgelope week ook die nuwe Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) in die Namibiese media en by ʼn onderwyserskongres bekend gestel.

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK