Stille Afrikaans: die Afrikaans van mense wat gesien maar nie gehoor word nie, van mense wat so dikwels in ongekose stilte moet leef. Die Stille Afrikaanses is blinde en dowe mense, of mense wie se sig en gehoor op só ʼn wyse geïnhibeer word dat hulle nie Afrikaans op dieselfde ongekniehalterde maniere as die gemiddelde Afrikaanssprekende kan gebruik nie.
Hoeveel doen ons as taalgemeenskap vir dié deel van ons gemeenskap? Byvoorbeeld, as jy ʼn skrywer is, eis jy die oudioregte van jou blitsverkoper by jou uitgewer op en lees jou boek dan self as vrywilliger voor by onder andere die South African Library for the Blind?
Het jy al daaraan gedink dat ʼn gebrek aan Afrikaanse onderskrifte by TV-programme en films dowe Afrikaanssprekendes die voorreg ontneem om sulke media in hulle moedertaal te geniet? As jy vandag doof word, gaan jy nie weer ʼn Afrikaanse sepie in Afrikaans kan geniet nie – slegs in Engels.
Twee onlangse Afrikaanse projekte is hartverwarmend.