VIVA SE BLOGS

Stal items per gids uit: digitaal

Vrydag, 31 Maart 2023 13:10

Digitale letterkunde in Afrikaans: Ou honde met nuwe spore

In Maart 2023 verskyn daar ʼn meningstuk op ʼn bekende platform waarin kommer uitgespreek word oor die stand van Afrikaans se digitale voetspoor – veral wat Afrikaanse letterkunde betref. Dit was opvallend dat daar nie in hierdie meningstuk melding gemaak is van ʼn enkele bestaande digitiseringsprojek in Afrikaans nie.

Ja, as taalliefhebbers en -foendies wat ons brood en botter in Afrikaans verdien, is ons ook bekommerd oor die verlies aan Afrikaans se literêre erfenis wat soms in biblioteekkelders muf, verpulp word of tot as gereduseer word wanneer biblioteke afbrand. Nietemin besef ons keer op keer dat daar wel daadwerklike pogings tot digitisering in Afrikaans aangewend word en dat sommige instansies, projekte en privaat persone ʼn reuse-invloed op die digitale voetspoor van Afrikaans het, en daarmee saam die bewaring, toeganklikheid en langlewendheid van Afrikaans as toekomstaal.

Geliasseer onder
Saterdag, 05 Augustus 2017 16:32

Afrikaans druk digitale stempel nou deeglik af

As jy teen dié tyd nog nie gehoor het van die gloednuwe Afrikaanse woordelys en spel­reëls (AWS) nie, was jy waarskynlik met vakansie in die boendoe.

Donderdagaand 3 Augustus 2017 is dié eeufeesuitgawe by ’n luisterryke geleentheid op die dak van die Media24-gebou in Kaapstad bekend gestel. RSG het die bekendstelling regstreeks uitgesaai, Coenie de Villiers het ’n opreggeteelde hond uit ’n bos uit gesing, die kameras het gerol en geflits, daar is feestelik gefuif en gebras. Die uitgewer, Pharos Woordeboeke, het geen geld en moeite ontsien nie om dié Afrikaanse prestasie met luide geskal te vier.

Geliasseer onder

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.


NUUSARGIEF

FACEBOOK