Toe majoor Johannes Lodewyk ("Lood") Pretorius in Oktober 1899 saam met Boere onder aanvoering van generaal Lucas Meyer met hul artillerie op die Talanaheuwel naby Dundee in die ou Natal stelling inneem, sou hy nie kon raai dat sy vernuf met 'n kanon van hom 'n huishoudelike naam sou maak nie.
Deur Jana Luther
Die jaar loop uit. Ons berei voor vir Kersfees. Oor ’n bietjie meer as ’n week wag ons in die holste van Oujaarsnag op Nuwejaar, en dan dans of strompel of slaap ons die ou jaar uit, die nuwe in.
“Nuwejaar”. Een woord, vas, ja, met ’n hoofletter en meestal sonder ’n lidwoord, as die skrywer Nuwejaarsdag, 1 Januarie, bedoel. Twee woorde, los van mekaar, met kleinletters, “die nuwe jaar”, verwys na die volgende 365 dae, of, as dit ’n skrikkeljaar is, 366.
As ’n angsgevoel ’n mens skielik oorval en jou lyf onwillekeurig ruk, skrik jy. Dit is dalk die gevoel wat dié nuwe jaar by baie van ons wek. Duisend jaar gelede in Middelnederlands, het “skrik” beteken “om aan te stryk, om met lang treë te stap”. Nog vroeër was “skrik” “spring”.
Vleis, rys en aartappels. Groenbone met aartappel, ’n stukkie skaap daarin, of nie.
Of jou aartappel nou ’n ertappel is, of jou ertappel ’n aartappel. Terwyl Dawid elders die wortels grawe, spit ek vandag dié eetbare knol, Solanum tuberosum (familie Solanaceae), uit.
’n Sakkie aartappels. Middelslagaartappels, dwergaartappels. Eet-, kook-, braaiaartappels. Jong aartappeltjies uit die tuin, in die skil gekook en met knoffelbotter aangeklam. Kapokaartappels. Aartappelgnocchi met saliebotter. Aartappelslaai. Kraakbros skyfies en wiggies. Koue aartappels, “bleekblou om die kiewe” (George Weideman). Gebakte aartappels. Aartappels op hul beste, in hul eie baadjies.
“Die jantjies laat my gril. Oulike, betekenislose woordjies wat my skaam maak vir Afrikaans.”
Komende van iemand, nou die anderdag, toe kollega Sophia in VivA se Taalwerkersforum vra: “Kosmense, Pharos se Engels-Afrikaanse woordeboek gee ‘jantjie’ vir ‘corn dog’. Sê asseblief vir my ons het intussen iets anders daarvoor uitgedink.”
“Mieliebrak”, “worsie-op-’n-stokkie”, “mielieworsie” ...
“Hulle noem dit ‘yankees’ hier rond. Dalk waar die ‘jantjies’ (gril) vandaan kom,” sê nog iemand.
’n Ander: “Niemand gaan weet wat hulle eet as hulle kleinletter-‘jantjies’ eet nie, behalwe die mense wat woordeboeke vir voorgereg verorber.”
Ja. “Jantjie” maak ons skaam. Maar die skoen pas en ek gaan wei in die WAT ...
Wat het die volgende woorde met mekaar gemeen? Ondeund. Onwrikbaar. Ontluik.
Wel, eerstens is al drie komplekse woorde. Dit is woorde wat uit meer as een woorddeel bestaan. (Morfoloë, wat die vorm en konstruksie van woorde bestudeer, noem sulke woorddele “morfeme”.)
“Iemand het op ’n kol gesê taal is waarskynlik die grootste kenmerk van ons menswees. ’n Ander persoon het gesê taal is daardie anonieme, kollektiewe kuns wat die resultaat is van die kreatiwiteit en vindingrykheid van duisende geslagte.
“As woordeboekmakers is dit ons taak en reuseuitdaging om aan daardie anonieme en kollektiewe kuns gestalte te gee. Woordeboekmaak is ’n uitdagende werk, wat die kognisie betref en op vele ander terreine. Ek wil amper sê dis ’n soort Sisufoswerk. Sisufos was die man in die Griekse mitologie wat deur die gode aangesê is om ’n groot klip teen ’n berg uit te rol en as hy bo kom, neuk die klip weer af tot onder. Dan moet hy van voor af begin en die ding boontoe vat.
“Dit is min of meer wat leksikografiese werk ook is. Omdat ons gestalte gee aan woorde, is ons in ’n sekere sin kuratore van taal. Dit is ’n groot en moeilike taak en verantwoordelike werk. Daarby is die skryf van ’n woordeboek min of meer soos om liefde te maak: Jy weet nie altyd of jou vreugde gedeel word en of jou insette waardeer word nie. Woordeboekmakers verwag nie dat hulle werk geprys sal word nie; hulle kan maar net hoop hulle word nie te veel verwyte toegeslinger nie.”
So sê dr. Frikkie Lombard, eindredakteur van die Woordeboek van die Afrikaans Taal, op 17 April 2019 op Stellenbosch by die bekendstelling van Deel 15 van die WAT – die tweede deel van die letter S wat uiteindelik uit drie dele gaan bestaan, want S is natuurlik die langste letter van die Afrikaanse alfabet en die letter, dus, waarmee die meeste woorde in Afrikaans begin.
Oor die oorsprong van die feesdae, die Joodse feesmaaltyd, die mite van die paashaas, die storie van paaseiers, en die geskiedenis van en bygelowe oor paasbolletjies.
“Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?” Van die vervlietende wêreld van Uys Krige se vissers en Afrikaans as visserstaal bied die WAT kosbare glimpe:
Van skuite en bakkies – klein visserskuitjies wat onder meer gebruik word om van groot visskuite na die land te roei – word die afskortings binne-in die skuit “laaitjies” genoem. Elke laaitjie het sy eie naam. Die laaitjie se naam is ook die naam van die bemanningslid wat daar op die “dof” (die dwarsbank, roeibank) sit, sy vangs in sy laaitjie hou en die “rieme” (die skuit se roeispane) help werk.
Gedurig is iemand in ’n omgekrapte bui. So voel dit deesdae. Nou ja, rede is daar seker genoeg. En woorde ook, te oordeel na die WAT se versameling. Van toeka op ons agterpote kry Afrikaanses skynbaar gereeld die die ritteltit(s) en papelellekoors; die aap-, apie-japie-, bobbejaan-, galop- en blouwildeboepensstuipe.
In die verbygaan val my oog dié week op die WAT se artikel oor koffie.
Americano, cappuccino, espresso, latte, mocaccino ... In die digitale uitgawe van die WAT is dié name onlangs eers bygevoeg, want taal verander en die enkele Afrikaanse woordeboeke wat nog bewerk word, weerspieël dié verandering hoofsaaklik nog aanlyn. Maar oor boeretroos: swart koffie, sterk koffie, soet koffie, flou koffie; die oorsprong van dié drank, verskillende rituele daar rondom en verskillende uitdrukkings waarin dit voorkom; daaroor bevat die WAT in al sy formate altesaam 6 639 woorde.