VIVA SE BLOGS

Stal items per gids uit: fonetiek

Donderdag, 17 Junie 2021 09:03

"Die toe deur" en ander vokale

Trefwoorde: vokale; diftonge; klinkers, tweeklanke

Vrydag, 06 April 2018 11:13

Net ’n aap “huh” as hy “ ’n”

Hierdie blog is ’n uitgebreide en verrykte weergawe van ’n rubriek wat op Vrydag 6 April in Beeld verskyn het, en wat jy hier kan lees.

Wanneer is ’n woord ’n woord? ’n Woord word woord as twee of meer mense aan ’n vaste reeks klanke wat hulle met hulle spraakorgane voortbring, dieselfde betekenis heg. “Stoel” is ’n stoel, “tsloe” nie meer nie. Deur klanke in te ryg, hulle in skynbaar eindelose kombinasies te rangskik, het ons oergrootjies soos wafferse Scrabble- en Babanagrams-spelers, tale geskep. Dié gekreun en gesteun kan ’n mens jou vandag nog indink, want vir tussenwerpsels en uitroepe geld steeds dieselfde beginsel: “oesj” is nie “sjoe” nie, en “tsj” is nie “sjt” nie.

 

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.


NUUSARGIEF

FACEBOOK