Verlede week vra Ronel in ʼn Facebookgroep hoe ʼn mens die “tele-“ van “teleskoop”, “televisie” en “telefoon” uitspreek. Twee kwessies is hier ter vrage: hoe die eerste <e> klink en waar die klemtoon in die woord geplaas moet word. Ek gebruik “telefoon” as voorbeeld.
Selwers dink ek dat ek altyd laat waai met [tae-lî-fOOn] (die hoofletters dui aan waar die klem val en die [î] klink soos in “kind”). Sien, ek het groot geraak in die Noordwes en ons praat mos van [tsjAE-kîrs] (in plaas van die meer verfynde [tsjÊ-kîrs] vir “Checkers”), [tAE-kies] (in plaas van [tÊ-kies] vir snolskoene) en [saeks] (in plaas van [sêks] vir die daad wat jy nié in Checkers met net jou snolskoene aan moet pleeg nie).
In ʼn blitsopname op Facebook en Twitter, blyk dit dat my noordwestelike uitspraak redelik algemeen is. Amper 75% van die mense dink hulle spreek daardie eerste <e> uit as [ae], maar 70% sê dat hulle die klem op die eerste sillabe en nie op die laaste ene nie. Dus, die meeste respondente dink hulle spreek die woord uit as [tAE-lî-foon].

Hierdie blog is ’n uitgebreide en verrykte weergawe van ’n rubriek wat op Vrydag 6 April in Beeld verskyn het, en wat jy hier kan lees.
Wanneer is ’n woord ’n woord? ’n Woord word woord as twee of meer mense aan ’n vaste reeks klanke wat hulle met hulle spraakorgane voortbring, dieselfde betekenis heg. “Stoel” is ’n stoel, “tsloe” nie meer nie. Deur klanke in te ryg, hulle in skynbaar eindelose kombinasies te rangskik, het ons oergrootjies soos wafferse Scrabble- en Babanagrams-spelers, tale geskep. Dié gekreun en gesteun kan ’n mens jou vandag nog indink, want vir tussenwerpsels en uitroepe geld steeds dieselfde beginsel: “oesj” is nie “sjoe” nie, en “tsj” is nie “sjt” nie.