Daar word tans in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir onderwysers verkeerdelik aangedui dat dan, dus, daarom, nogtans en anders groep 2-voegwoorde is. In hierdie uitdeelstuk word verduidelik aan watter woordsoort sulke woorde wel toegeken behoort te word en wat die verskil tussen hierdie woorde en voegwoorde (bv. maar, en en want; en sodat, dat, omdat en indien) is. Skandeer die QR-kode voor op die leerhulpmiddel, of klik op die YouTube-skakel in die regterkantste hoek. Met die video oor die eendjie en gansie kan hierdie onderwerp selfs aan leerders in laer grade bekend gestel word.
(i) Hoe gebruik ek die QR-kode om die instruksionele video te kyk?
Opsie 1 (as jy die hulpmiddel op jou rekenaar oopmaak):
Opsie 2 (as jy die hulpmiddel op jou selfoon oopmaak):
(ii) Hoe gebruik ek die YouTube-skakel om die video te kyk as ek nie die QR-kode wil skandeer nie?
Opsie 1 (as jy die hulpmiddel op jou rekenaar oopmaak):
Opsie 2 (as jy die hulpmiddel op jou selfoon oopmaak):
Moedertaalsprekers kort nie eselsbruggies nie. Hulle beskik reeds oor ’n interne grammatika of ’n versameling patrone wat verfyn word namate hulle met ander moedertaalsprekers in kontak kom. Dink mooi daaroor: Niemand het vir jou gesê dat Afrikaans ’n V2-taal is nie. Met ander woorde, niemand het vir jou pertinent gesê dat ’n werkwoord in die meeste Afrikaanse sinne altyd ná die subjek (of onderwerp) kom nie (bv. Ek gee klas; Ek merk boeke, ens.), tog weet ’n mens dit en formuleer jy jou sinne so.
Niemoedertaalsprekers kort egter meer leiding. ’n Integrale deel van die aanleer van ’n addisionele (of tweede addisionele) taal is die gebruik van ’n monitor of ’n redigeerder. Dit is die siening van ’n kenner van tweedetaalverwerwing, Stephen Krashen. Dit is juis wat STOMPI is – dit is nie ’n taalreël nie. Dit is ’n monitor, reseppie of eselsbrug wat deur addisioneletaalleerders gebruik word om die vorming van sinne te monitor, sodat dit samehangend is.