VIVA SE BLOGS

Stal items per gids uit: leenwoord

Vrydag, 13 Mei 2022 10:25

Hoe koel is "cool"?

Ek kry die afgelope week of wat skielik heelwat navrae oor die gebruik van die woord cool. Mag ‘n mens die woord gebruik? Wanneer mag ‘n mens die woord gebruik? Hoe skryf ‘n mens die woord as jy hom gebruik?

Saterdag, 25 Augustus 2018 14:07

Proe hoe soet ’n ghoukom smaak

“Laat jou verhemelte die woorde proe.” Dit sê T.T. Cloete? In “Verhemelte” in sy bundel Met die aarde praat (1992). En Job 12:11: “Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte kos proe nie?”

Daaraan dink ek vandag. Die Elektroniese WAT voor my oop. Die letter "g" van die CD-ROM-uitgawe. Gelok deur die WAT se woorde van die week: “ghoef”, “ghoeliegoen”, “ghoema”. 

Ek laat my dikwels deur die WAT verlei. Woorde van allerlei soorte het ek nodig soos kos. Vandag rol ek my tong om die suigklapklanke van Namakwaland.

 

Geliasseer onder
Sondag, 06 Augustus 2017 18:55

Trend toon opwaartse neiging

In die nuwe Afrikaanse woordelys en spelreëls is heelparty leenwoorde uit Engels opgeneem, maar nie sommer voor die voet, ligtelik of lukraak nie, nee. Woorde soos venue en smoothie het in #AWS2017, en ook in die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, hulle plek ingeneem nadat hulle lank op die Taalkommissie, én op die woordeboekmakers, se dophoulyste was.

Geliasseer onder
Sondag, 23 Julie 2017 21:23

Nie alles wat rooi is, is ’n posbus nie

Rampant?!

Rapport se gebruik van dié woord in die kop van ’n berig oor die Leeus se Superrugby-sege voorverlede Saterdag in Durban het verlede week ’n hele paar lesers op hulle agterpote gehad.

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.


NUUSARGIEF

FACEBOOK