VIVA SE BLOGS

Stal items per gids uit: lettergreep

Maandag, 05 Desember 2022 06:27

Ek weet LETTERlik nou nie meer nie – enkele lettergreepkwessies onder die loep geneem

’n Lettergreep is bietjie soos my persoonlikheid. Partykeer dink my man dat hy met weergawe 1 te doen het, dan het ek lankal reeds na weergawe 21 oorgeskakel. Net so is die lettergreep. Kom ek gee ’n voorbeeld. Reëls 1.12 en 1.13 in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) maak voorsiening vir verskillende lettergreepverdelingsmoontlikhede wanneer ’n mens met die letterkombinasies <sj> te doen kry. As <s> en <j> verskillende klanke voorstel (soos in “asjas”), is die verdeling tussen die twee (naamlik “as-jas”), maar as hulle een klank voorstel (soos in “brosjure”), vind die lettergreepverdeling vóór <sj> plaas (naamlik “bro-sjure”).

Klomp persoonlikhede 

Donderdag, 19 Mei 2022 11:45

Die f-/v-rympie

Het jy al ooit gewonder hoe ’n mens die f-/v-reël op ’n kreatiewe, teoreties gefundeerde wyse kan onderrig? Die aangehegte hulpmiddel is op die nuutste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) gebaseer en dui op ’n prettige wyse aan wanneer die letters f en v gebruik behoort te word. 
 
Geliasseer onder

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.


NUUSARGIEF

FACEBOOK