Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (www.viva-afrikaans.org) het in 2015 begin as ’n enkele navorsingsprojek wat net vyf jaar sou duur. Soos wat VivA se gebruikers toegeneem en ons produkaanbod in ’n wye verskeidenheid taalbehoeftes begin voorsien het, het VivA se direksie en personeel ook besef dat hierdie projek baie groter is as wat ons aanvanklik gedink het.
In die byna nege jaar wat VivA se digitale deure oop is, het soveel mense hulle drome vir Afrikaans met ons gedeel en geglo dat ons van die drome ’n realiteit sal kan maak. Een so ’n persoon was professor Oppel Greeff, voormalige VivA-direksielid wat die stigtersmaatskappy, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, verteenwoordig het. Sy droom vir VivA Afrikaans was om intern ’n uitgewery te begin. Die rede hiervoor was eenvoudig en baie sinvol: Skep ’n addisionele inkomstestroom vir VivA as ’n maatskappy sonder winsoogmerk, maar hou ook aan om inhoud in Afrikaans beskikbaar te stel. Die ander direksielede het die voorstel beaam. Hierdie gesprekke het al in 2016 plaasgevind, maar VivA is ’n digitale maatskappy en dit het op daardie stadium nie moontlik gelyk met die tegnologiese mandaat wat ons het nie. Ons het professor Oppel se voorstel nietemin steeds in gedagte gehou.
Deur Jana Luther
Dis werklik indrukwekkend. Dit wat ’n mens van jou moedertaal weet. Hoe jy dinge wat jy waarneem, jou gewaarwordinge daaromtrent, tot in die fynste besonderhede in jou taal kan verwoord. Dit is die onderwerp van ’n nuwe boek deur die Nederlandse joernalis-taalkundige Liesbeth Koenen: Wat je zegt, gaat vanzelf. “So gaan dit met taal: Jy weet nie wat jy weet nie, en dat jy dit nie weet nie, weet jy óók nie.”
So byna tien jaar gelede had ek die voorreg om by die eens glorieryke Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) te werk. Die twee jaar “diensplig” daar was besonder leersaam, nie net ten opsigte van navorsing en tegnologie nie …
Ek bevind my in ʼn ryke multikulturele en veeltalige omgewing. As taalkundige boei die talige taferele wat voor my afspeel, my eindeloos. Ek sien die uitdagings en interessanthede van Engels as lingua franca. Terselfdertyd probeer ek ʼn bietjie van die ander mense se tale leer, om darem ten minste “hallo” en “totsiens” vir my kollegas te kan sê.
My direkte hoof is mevrou Kagiso Chikane, eggenoot van die apartheidstrydros eerwaarde Frank Chikane wie se voete destyds deur oudminister Adriaan Vlok gewas is. Sy is ʼn waardige vrou; altyd voortreflik geklee as sy uit haar blink Mercedes-Benz klim.