VIVA SE BLOGS

Stal items per gids uit: skoolinhoud

Donderdag, 12 Oktober 2023 09:49

Liewe naamwoord, hoe verklaar ek jou?

Dit is onmoontlik om met mekaar te praat sonder om te verwys na mense, nielewende voorwerpe, diere of plekke, om slegs enkeles te noem. Die woorde wat ons gebruik om hierdie sake te benoem, is naamwoorde (oftewel selfstandige naamwoorde soos dit op skoolvlak bekendstaan). In die onderstaande prentjie gebruik ek ’n hele reeks naamwoorde om sake, die entiteite in die prentjie, te benoem. Byvoorbeeld, ek gebruik die naamwoord “wolk” om die wit massa in die lug, wat klein druppeltjies water (reën) vorm, te benoem.