’n Lettergreep is bietjie soos my persoonlikheid. Partykeer dink my man dat hy met weergawe 1 te doen het, dan het ek lankal reeds na weergawe 21 oorgeskakel. Net so is die lettergreep. Kom ek gee ’n voorbeeld. Reëls 1.12 en 1.13 in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) maak voorsiening vir verskillende lettergreepverdelingsmoontlikhede wanneer ’n mens met die letterkombinasies <sj> te doen kry. As <s> en <j> verskillende klanke voorstel (soos in “asjas”), is die verdeling tussen die twee (naamlik “as-jas”), maar as hulle een klank voorstel (soos in “brosjure”), vind die lettergreepverdeling vóór <sj> plaas (naamlik “bro-sjure”).
Deur Jana Luther
Dis werklik indrukwekkend. Dit wat ’n mens van jou moedertaal weet. Hoe jy dinge wat jy waarneem, jou gewaarwordinge daaromtrent, tot in die fynste besonderhede in jou taal kan verwoord. Dit is die onderwerp van ’n nuwe boek deur die Nederlandse joernalis-taalkundige Liesbeth Koenen: Wat je zegt, gaat vanzelf. “So gaan dit met taal: Jy weet nie wat jy weet nie, en dat jy dit nie weet nie, weet jy óók nie.”
Deur Marné Pienaar
Party van ons kan tel, en ander kan spel. Syfers, getalle en nommers intimideer spellers. Hulle PIN’s is woorde: BANK vir die bankkaart, REKENAAR (raai waarvoor?) en BESEM vir die skoonmaakdienste. Hulle kan net persentasies uitwerk as iets uit 10, 20, 25 of 50 (en liefs uit 100) tel.
Ná ’n leeftyd by dieselfde werkgewer, moet die spellers steeds op die deur gaan kyk om te sien in watter kantoor hulle nou eintlik sit, telkens hulle personeelkaarte uitgrawe as hulle ’n personeelnommer op 'n vorm moet invul en weet hulle regtig nie wat hulle telefoonuitbreiding is nie.
SNELLERWAARSKUWING: Hierdie rubriek bevat woorde wat hipersensitiewe gebruikers vuil kan laat voel. Indien taalkundige aspekte van kru woorde of sterretjies in die plekke van vokale jou ontstel, moenie verder lees nie! (Ma, klik nóú weg!)
In ʼn twiet op 15 November deser verskel Max du Preez een of ander kêrel met ʼn “Jou armsalige p**p*l.”
Die Taalkommissie sit dadelik op aandag, rooi penne in die hand: Is dit p**p*l (soos Max dit skrywe), of moet dit p**ph*l wees, soos wat dit pront in die WAT en HAT opgeteken staan?
(Voor jy verder lees, dink gou eers vir ʼn oomblik hoe jy vir iemand sal verduidelik wat die woord “spelling” beteken. Dan vooruit!)
Vroeër die week kom klop dr Frikkie Lombard, die eindredakteur van die Buro van die WAT oor wie ek dit verlede week in hierdie rubriek had, by my, Tom McLachlan en prof Ernst Kotzé (beide oudvoorsitters van die Taalkommissie) om raad en advies aan. Die trefwoord spelling moet tans by die WAT behoorlik saamgestel en bewerk word. (Onthou, die WAT-mense werk dat die salpeter op hulle flanke uitslaan om die letter “S” binnekort af te handel.)
Die eerste konsepdefinisie by spelling staan so: “Manier waarop die woorde van taal of ʼn taal deur letters en diakritiese tekens voorgestel word.”
Fraai, tog?
Daar hang ʼn swanger spellinglug in die skole. Dis daardie tyd van die jaar wat al wat ʼn landswye spellingkompetisie einde se kant toe staan.
Die twee bekendste kompetisies is die Sanlam WOW-spelkompetisie en die ATKV se Spelathon. En nou is daar nóg ʼn geleentheid vir die jong taalfoendies om te wys dat dit ook finansieel lonend kan wees om iets van taal te weet.
Die nuwe seisoen van kykNET se taalspelprogram, Op die Spel, gaan slegs hoërskooldeelnemers hê. In die vorige seisoen het woelwaters gewys het dat hulle al te goed weet waar Dawid die wortels gegrawe het. Toe laat weet kykNET se mandataris: Maak ʼn nuwe reeks met slegs kinders!