Die woord "lewendig" word toenemend in Afrikaans gebruik wanneer dit kom by uitsendings of optredes, moontlik omdat dit 'n maklike manier is om die Engelse "live" te vertaal. Maar kan 'n optrede of uitsending lewendig wees? Kom ons kyk eers wat "lewend" en "lewendig" beteken.