Donderdag 14 Februarie 2019 19:11

Was Toto se skrywer ooit in Afrika?

My derde mees gehate liedjie óóit is Toto se 1982-treffer “Africa”. Kyk, jy kan mos nie ʼn Suid-Afrikaanse draadloos aanskakel nie, of dié Eurosentriese popnommertjie blêr binne die eerste uur of vier gewaarborgd deur jou huis. En Eurosentries begin nie eers om dit te beskryf nie! Die arme liedjieskryfkindertjie was sekerlik nog nooit eers in Afrika nie:

Sure as Kilimanjaro rises like Olympus above the Serengeti

Selwers was ek ook nog nie in die Serengeti nie,  maar standerd 7-Aardrykskunde het my tog bemagtig om sterk te vermoed dat dit onsin is.

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK