Ek kry die afgelope week of wat skielik heelwat navrae oor die gebruik van die woord cool. Mag ‘n mens die woord gebruik? Wanneer mag ‘n mens die woord gebruik? Hoe skryf ‘n mens die woord as jy hom gebruik?
Trefwoorde: WAT; woordeboeke; Woordeboek van die Afrikaanse Taal
Deel 16 van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is onlangs in Stellenbosch bekendgestel. Hierdie woordeboek word deur 'n gideonsbende saamgestel, wat rugbreekwerk doen om Afrikaans in sy volle reikwydte en diepte, en met erkenning aan al sy variëteite, op te teken. VivA het met doktor Frikkie Lombard, eindredakteur van die woordeboek, gesels oor die belangrike werk wat die WAT vir Afrikaans verrig.
Ons lewe in ’n wêreld wat deurentyd verander. Met woorde probeer ons van dié wêreld sin maak. Elke dag is daar nuwe dinge wat benoem moet word, nuwe gebruike van bestaande woorde wat verduidelik moet word. Woordeboeke van lewende tale moet daarom deurentyd hersien word. Wanneer leksikograwe hiervan vertel, doen hulle nie net van hulle eie werk verslag nie, maar ook van hoe die taal verander: Kyk. Hiermee is ons besig. Dit is van die woorde wat ons op een plek bymekaarbring – nuwes; oues met nuwe betekenisse; nuwe samestellings; woorde wat tevore misgekyk is. Formeel, informeel; woorde uit verskillende variëteite; eiegoed, leengoed ...
In die AWEA, VivA se nuwe Woordeboek van Eietydse Afrikaans, is daar by die skryf hiervan reeds 1 126 artikels. Van aaire (“eerder”), uit Kaaps, tot by Zumaïet.
Hier is ’n paar van Junie tot Augustus se nuwe inskrywings.
Op Woensdagmiddag 17 April 2019, in die Sasol-kunsmuseum op Stellenbosch, is Deel 15 van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (die WAT) bekend gestel, die tweede deel van die letter S (wat uiteindelik uit drie dele sal bestaan), van skool tot by Sri Lanka (724 bladsye, plus 22 inleidende bladsye).
S tot by skooi het op 29 Oktober 2013 verskyn. Aan die nuutste deel van die WAT het die sewe redaksielede en hul medewerkers dus vyf jaar gewerk.
Klink vyf jaar lank? Onthou dan ’n bietjie dat Afrikaans in al sy verskyningsvorme in die WAT neerslag vind. Reeds van 1926 af word daar aan dié omvattende woordeboek geskryf – tot die laat jare tagtig van die vorige eeu met die hand op kaartjies en op tikmasjiene!