Daar word tans in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir onderwysers verkeerdelik aangedui dat dan, dus, daarom, nogtans en anders groep 2-voegwoorde is. In hierdie uitdeelstuk word verduidelik aan watter woordsoort sulke woorde wel toegeken behoort te word en wat die verskil tussen hierdie woorde en voegwoorde (bv. maar, en en want; en sodat, dat, omdat en indien) is. Skandeer die QR-kode voor op die leerhulpmiddel, of klik op die YouTube-skakel in die regterkantste hoek. Met die video oor die eendjie en gansie kan hierdie onderwerp selfs aan leerders in laer grade bekend gestel word.
(i) Hoe gebruik ek die QR-kode om die instruksionele video te kyk?
Opsie 1 (as jy die hulpmiddel op jou rekenaar oopmaak):
Opsie 2 (as jy die hulpmiddel op jou selfoon oopmaak):
(ii) Hoe gebruik ek die YouTube-skakel om die video te kyk as ek nie die QR-kode wil skandeer nie?
Opsie 1 (as jy die hulpmiddel op jou rekenaar oopmaak):
Opsie 2 (as jy die hulpmiddel op jou selfoon oopmaak):
In hierdie podsending, spesifiek gerig op dosente van Onderwysafrikaans, onderwysstudente en Afrikaansonderwysers (insluitend nasorgonderwysers en tuisonderwysers), gesels Nadine Fouché-Karsten, VivA se onderwystaalkundige, met die eindredakteur van VivA se Afrikaansgrammatikas, prof. Adri Breed, oor die manier waarop VivA die soorte (of subkategorieë) woordsoorte definieer. Sy verduidelik ook hoe die onderrig hiervan op skoolvlak benader kan word.
In ’n kort opsommig uit die boek Die gans die dacht dat hij een eend was (Mike van Herwijnen en Danielle van Wiel, 2018) word vertel dat die wind op ’n stormagtige aand die eier van ’n gans na die nes van ’n eend gewaai het. Wanneer hierdie gans gebore word, kom die ouers geensins agter dat een van hul eie kuikens omgeruil is met ’n gans nie, maar namate die klein gans ouer word, kom hy agter dat hy anders as die res is. Nou is die vraag: Is die kleine gans ’n gans, hoewel hy soos ’n eend voel?
Ek dink dit is presies wat met die “sogenaamde” drie groepe voegwoorde waarna op skoolvlak verwys word, gebeur het.
Ek kom nou die dag die volgende Engelse woord teë waarvan ek nie die betekenis ken nie: “sesquipedalian”. Onmiddellik klim ek op die rekenaar en hark my versameling aanlyn Pharos-woordeboeke nader. ‘1 ’n lang mens/ding; 2 lang woord (naamwoord); 1 polisillabies, veellettergrepig; 2 ellelank (pred.), ellelang(e) (attr.); 3 langdradig, omslagtig, wydlopig” (adjektief)’ is die betekenisse wat daar vir my gegee word.
Wat ek gedoen het, is om ’n hulpmiddel, naamlik ’n woordeboek, te gebruik om ’n talige kwessie op te los. Net so is kennis van woordsoorte ’n belangrike hulpmiddel wat gebruik word wanneer die korrekte spelling van woorde bepaal moet word. Woordsoorte moet derhalwe as ’n middel tot ’n doel beskou word en nie ’n doel op sigself nie – ’n mening wat ook in die onderrigleerplan, die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring, gehuldig word.