profile pic

Tematiese leerderwoordeboek vir Afrikaans

Maandag 15 Julie 2019 Geplaas deur Jana Luther

Is jy ’n Afrikaansonderwyser? Leer jy Afrikaans (of Engels as addisionele taal), of ken jy iemand wat Afrikaans (wil) (aan)leer? Deel dan dié plasing en laat hulle weet van die tematiese (aan)leerderwoordeboek wat by die Virtuele Instituut vir Afrikaans ontwikkel word.

Vir inkyk, deurblaai en raadpleeg. Hier. Maar lees eers die inleiding ...

LEES VERDER
profile pic

Oor is en was

Donderdag 11 Julie 2019 Geplaas deur Sophia Kapp

Een van die groot kwessies in skryftaal is die gebruik van was en is om die verlede tyd aan te dui. Dit is vir leerders ʼn nagmerrie, vir onderwysers ʼn kopseer, en vir taalgebruikers onthutsend om te verneem dat hulle blykbaar nie hulle moedertaal behoorlik beheers nie, want elke kort-kort is daar een of ander taalnazi wat hulle kritiseer oor die verledetydsaanduiding in hulle skryfwerk. Hierdie blog is ʼn poging om so ʼn bietjie lig in die duister te bring.

LEES VERDER
profile pic

AWEA, ’n aanbouwoordeboek vir Afrikaans

Donderdag 04 Julie 2019 Geplaas deur Jana Luther

Van vandag (4 Julie 2019) af is VivA se Algemene Woordeboek van Eietydse Afrikaans nie net as onderdeel van VivA se Woordeboekportaal raadpleegbaar nie, maar ook afsonderlik, as inkyk- en (deur)blaaiwoordeboek.

Hier.

Maar lees eers die inleiding.

AWEA Welkom

LEES VERDER
profile pic

Die klappertandkoue van ’n klappertandseisoen

Vrydag 28 Junie 2019 Geplaas deur Jana Luther

O koud is kouddie windjie en skraal. Geslierte wolke teen die berghang – ’n koue front, oornag aangekom. Dit sny die vel soos vlae vuur.

Eugène Marais, Louis Esterhuizen, S.J. Pretorius. Hulle het geweet, ja.

Hoe beskryf ’n mens die weer as dit so is?

Nie bloot koel, koelerig, middelmatig, net effens koud nie. Nee.

Onbeskof koud, sou ’n mens kon sê.

Hoe sê jy dis koud-koud, daar waar jy is?

LEES VERDER
profile pic

Generaal, generaal, wie kom jou dogter haal?

Woensdag 26 Junie 2019 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

Die generaal in ampstitels soos prokureur-generaal, landmeter-generaal, direkteur-generaal, ens. is nié 'n militêre rang nie, maar eintlik 'n adjektief wat 'algemeen' beteken. (Kyk hier by betekenis 3 onder Adjective). In Engels kry ons byvoorbeeld onderskeidelik 'n general manager en 'n director-general: by die eerste ene staan die adjektief voor die naamwoord, by die ander ene ná die naamwoord.

In sulke ampstitels het die betekenis van generaal verskuif vanaf 'algemeen' na 'hoogste': Die landmeter-generaal is die hoogste landmeter (!!), oftewel die hooflandmeter – die landmeter met die hoogste staatsamp. (Kyk ook in die WAT onder -generaal (met 'n koppelteken vooraan).)

LEES VERDER

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK