Deur Pieter Bosman
Na aanleiding van my vorige artikel oor kraaie het ek verder gedink oor in watter groot mate kraaie ’n rol speel in veral die Europese kultuur. Die alombekende fabels van Aesopus (van ongeveer 600 VHJ) beskryf onder meer hoe ’n kraai water uit ’n kruik kry deur klippies daarin te gooi – gedrag wat deur hedendaagse navorsing bevestig is – en ook hoe ’n kraai ’n slinkse jakkals uitoorlê het.
LEES VERDERDeur Pieter Bosman
Wanneer ’n mens na die volksname van voëls kyk, val dit op dat daardie voëls wat gewoonlik naby mense leef, heelwat verskillende noemname het. Dink aan die bokmakierie, janfrederik, tiptol, ensovoorts.
Die uitsondering op hierdie reël is die kraai. In Suid-Afrika het die drie inheemse kraaie elk slegs een alternatiewe noemnaam: swartkraai – koringlandkraai; witborskraai – bontkraai (mantelkraai); en withalskraai – rinkhalskraai.
(’n Volksnaam vir neushoringvoëls is boskraaie, hoewel hulle nie aan kraaie verwant is nie.)
LEES VERDERSedert hy my jare gelede in ʼn restaurant in die Baai aan Diemersfontein se sjokoladepinotage voorgestel het, kry ek so dan en wan ʼn e-pos met ʼn taaluitdaging van die fameuse Kerneels Breytenbach. My dag/week/maand word gewoonlik opgevrolik, want hy stel nou nie juis jou gemiddelde agt-tot-vyftaalvrae nie.
Vandeesweek: “Waar kom die woord ‘pylvak’ vandaan?”
Ek dag eers daar was ʼn verlaging in die algemene standaard van sy vrae, want dis tog voor die hand liggend: Pylvak kom uit …
LEES VERDERAs daar nou een manier is om taalgebruikers se lont aan te steek, is dit om ʼn plasing op VivA se Facebookblad te maak wat inhou dat hulle opvattings oor wat reg is verkeerd is.
LEES VERDERGebruiker Mari Brink stuur in die week ʼn noodroep: Bespreek asseblief die begrip "samestellende afleiding". Dit gee ʼn groot gestry af! Laat ons nou eenmaal hierdie tameletjie (wat nooit een was nie) kou en klaar kou.
Mari is reg oor ʼn klomp goed – dit is ʼn tameletjie, dit is ʼn voortslepende bron van taalkundige onmin, en dit moes nooit onmin veroorsaak het nie, want die begrip word behoorlik, en met genoeg voorbeelde, in die AWS se terminologielys bespreek. Min mense weet van die lys (en nog minder steur hulle daaraan), maar dit is kernbelangrik om die begrippe in die lys te ken omdat dit terminologie is wat in die bewoording van die reëls gebruik word. Sonder behoorlike begrip van die terminologie in die lys, verstaan ʼn mens ook nie die reëls nie. Daarbenewens is dit altyd wys om geverifieerde inligting oor moeilike taalkundige terminologie op te spoor en te vertrou, eerder as om staat te maak op die ongefundeerde (en verkeerde) bespiegelings wat ʼn mens op baie sosialemediaplatforms aantref.
LEES VERDER