VivA het in 2023 ’n Bedryfsingenieurswese-student van Stellenbosch Universiteit, Duval Meyer, die geleentheid gebied om ’n internskap by VivA te voltooi as deel van sy finalejaarskripsie. Onder leiding van prof. André van der Merwe, verbonde aan die Bedryfsingenieurswese-departement se tak vir digitale slimstelsels, het Duval ’n onderskeiding behaal vir sy projek wat gefokus het op die uitbreiding van taaltegnologie vir alledaagse gebruik.
Ek ontvang nou die dag die vraag oor wat die reël is wanneer twee leksikale hoofwerkwoorde (op skoolvlak beter bekend as “selfstandige hoofwerkwoorde”) in dieselfde neweskikkend komplekse sin (oftewel veelvoudige sin) voorkom en hierdie sin in die verlede tyd geskryf moet word. Die sin wat ons as voorbeeld gaan gebruik, is: Die kat en die hond hardloop in die bos, en hulle soek na voëls.
In ouer bronne word woorde soos waarin, waarvan, waarop en waaronder saam met wie en wat gegroepeer en betreklike voornaamwoorde genoem, hoewel hulle eintlik nie saam hoort nie. Die eerste groep woorde (waarin, waarvan, waarop en waaronder as enkele voorbeelde) hoort saam, terwyl wie en wat ’n afsonderlike tweede groep vorm. Groep 1 word “voornaamwoordelike bywoorde” genoem – hulle is dus ’n soort bywoord, terwyl groep 2 betreklike voornaamwoorde is – ’n soort voornaamwoord.
In hierdie blitsblog:
Dit is onmoontlik om met mekaar te praat sonder om te verwys na mense, nielewende voorwerpe, diere of plekke, om slegs enkeles te noem. Die woorde wat ons gebruik om hierdie sake te benoem, is naamwoorde (oftewel selfstandige naamwoorde soos dit op skoolvlak bekendstaan). In die onderstaande prentjie gebruik ek ’n hele reeks naamwoorde om sake, die entiteite in die prentjie, te benoem. Byvoorbeeld, ek gebruik die naamwoord “wolk” om die wit massa in die lug, wat klein druppeltjies water (reën) vorm, te benoem.