“Die maklikste manier om vir leerlinge die bywoord van modaliteit te verduidelik....asb” [sic]. Dit is een van die antwoorde wat ontvang het, nadat ek op VivA se Facebookblad vir Afrikaansonderwysers, Taalonderwysersforum, gevra het met watter aspekte van die bywoord probleme ervaar word.
In hierdie skrywe stel ek ’n lesplan voor wat gebruik kan word vir die onderrig van “bywoorde wat ’n betekenis van modaliteit kommunikeer” (soos wat daarna in VivA se Afrikaansgrammatikas verwys word) of “bywoorde van modaliteit” (soos wat daarna op skoolvlak verwys word). Die les volg ’n tipiese inleiding-ontwikkeling-konsolidasie-struktuur wat deur Lawrence et al. (2014:212-213) voorgestel word.
1. Inleiding: die wanpersepsie rakende die aard van die bywoordelike bepaling
Die arme bywoordelike bepaling ondergaan op hierdie stadium ʼn identiteitskrisis deurdat dit dikwels as ʼn vormlike sinsdeel hanteer word, hoewel dit eerder, net soos die subjek (of onderwerp), objek (of voorwerp) en gesegde, dui op die funksie van ʼn sekere sinsdeel.
Dat daar in skoolhandboeke na die bywoordelike bepaling deur ʼn vormlike lens gekyk word, blyk duidelik uit die volgende aanhaling uit ʼn graad 12-leerderboek:
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het pas ’n splinternuwe slimfoontoepassing (of app) bekend gestel wat spesifiek geskep is vir gebruikers wat sukkel om Afrikaans te bemeester.
Die app bevat tekste wat oor die skerm rol terwyl ’n stem dit hardop voorlees. Op dié manier word die verband tussen Afrikaans se klankstruktuur en die geskrewe taal vir gebruikers vasgelê. Jong lesers wat sukkel om te lees en taalaanleerders wat nie genoegsame blootstelling aan Afrikaans kry nie, kan met hierdie app hulle beheersing van gesproke en geskrewe Afrikaans verbeter.
Die app is in Afrikaans deur Gustaf Tempelhoff van VivA ontwikkel. “Hierdie app is ’n mylpaal,” sê hy. “Dit het groot uitdagings gestel, maar dit gee ook groot bevrediging om te weet ’n mens skep iets wat vir die hele taalgemeenskap nuttig gaan wees.”
Gustaf het reeds VivA se webblad onder hande geneem sodat dit meer toeganklik is vir blinde en swaksiende gebruikers, en die app is ontwikkel met skermleserbeskrywings wat met toeganklikheidsagteware versoenbaar is. Die app het ook ’n aantal eienskappe wat dit besonder gebruikersvriendelik maak – dit slaan outomaties oor na die donker modus indien dit in die aand gebruik word, en dit kan in die agtergrond speel terwyl ander apps gebruik word.
Die tekste in die biblioteek is lekkerleesstories wat deur bekende skrywers aan VivA geskenk is, en al die stories word deur professionele stemkunstenaars voorgelees. Daar is ook ’n hele aantal Wikipediatekste vir gebruikers wat meer by feitetekste aanklank vind. In hierdie tekste is daar verklarings en vertalings van sekere woorde en uitdrukkings, wat dit veral vir taalaanleerders geskik maak. Die tekste is vir kinders en volwassenes gegroepeer en in vaardigheidsvlakke gekategoriseer sodat gebruikers die tekste kan kies waarby hulle die meeste kan baat.
Die ATKV het ruim bygedra tot die ontwikkeling van die app. Gerrie Lemmer, Uitvoerende Hoof: Kultuur van die ATKV, sê: “By die ATKV besef ons watter belangrike rol boeke en letterkunde in die ontwikkeling en vooruitgang van Afrikaans speel, want dit beïnvloed ons denke, verbreed ons wêrelde en maak ons harte oop. Met hierdie toepassing maak VivA vir ons taal vriende.”
VivA hoop om met hierdie app sy aanbod aan die Afrikaanse taalgemeenskap te versterk en uit te brei. “VivA is besonder bevoorreg om die steun van ’n organisasie soos die ATKV en van die taalgemeenskap self te hê,” sê Marlie Coetzee, VivA se besturende direkteur. “Ons werk met hart en siel vir Afrikaans, en ons glo dat hierdie app die taal op ’n lekker en gemaklike manier vir al sy sprekers meer toeganklik maak.”
VivA se Lees-en-luister-app is tans vir Android-toestelle beskikbaar in jou gewone app-winkel. Gebruikers laai die app af en registreer eenmalig. Bestaande VivA-gebruikers kan aanteken met hulle bestaande besonderhede. Laai die app by hierdie skakel af.
Dit is ’n lewende projek, en die inhoud word gereeld bygewerk. Gebruikers kan dus gerus elke maand inloer om te kyk watter nuwe tekste in die biblioteek verskyn.
VivA-groete
Sophia
Trefwoorde: voltooide deelwoord; verlede deelwoord
Een van die taalnavrae wat nogal baie in my virtuele inmandjie beland, is hoe ’n mens bepaal of ’n voltooide deelwoord ’n -te of -de kry.
Toe ek klein was, het ek altyd my blou ogies gebruik om my oupa se arm te draai om vir my grondboontjiebotter en stroop in ’n bakkie te meng in plaas daarvan om die mengsel op ’n broodjie te smeer. Dan gaan sit ek skelmpies en eet, sodat Ouma nie daarvan uitvind nie.
(Beeld ontleen aan Pixabay.)
Ek dink die bywoord is net so ondeund soos wat ek was. Net soos wat ek my oupa oorreed het om grondboontjiebotter en stroop te meng, draai die bywoord die arm van die taalgebruiker – nou nie om grondboontjiebotter en stroop te meng nie – om ander woorde en sinsdele ook as bywoorde te klassifiseer, hoewel hulle duidelik nie is nie.