Trefwoorde: getalle, nommers, syfers, telwoorde, uitskryf
Ek kry hier sommer so met die intrapslag van die nuwe jaar 'n vraag van 'n gereelde gebruiker wat ek regtig nie wil beantwoord nie: Hoe maak 'n mens met ander mense wat verkeerd skryf? Kyk nou net hoe lyk die skryfwerk deesdae op sosiale media – dis om van skeelhoofpyn te kry, so wemel dit van die spelfoute en anglisismes. Hoe kry ʼn mens hierdie klomp knoeiers om reg te skryf?
En skielik, sommer so eensklaps, is dit Desember. Nee wag, ek is anderdag laat weet dis nie net Desember nie, dis Dezemba, want in Suid-Afrika is dit nie sommer maar net 'n maand nie, dis 'n gemoedstemming. 'n Ingesteldheid. Dis 'n tyd vir vrolikheid en feesviering, dis 'n tyd om die griewe en beswaardhede van die jaar af te lê en om moed te skep vir wat ook al vorentoe wag.
Ek kom nou die dag die volgende Engelse woord teë waarvan ek nie die betekenis ken nie: “sesquipedalian”. Onmiddellik klim ek op die rekenaar en hark my versameling aanlyn Pharos-woordeboeke nader. ‘1 ’n lang mens/ding; 2 lang woord (naamwoord); 1 polisillabies, veellettergrepig; 2 ellelank (pred.), ellelang(e) (attr.); 3 langdradig, omslagtig, wydlopig” (adjektief)’ is die betekenisse wat daar vir my gegee word.
Wat ek gedoen het, is om ’n hulpmiddel, naamlik ’n woordeboek, te gebruik om ’n talige kwessie op te los. Net so is kennis van woordsoorte ’n belangrike hulpmiddel wat gebruik word wanneer die korrekte spelling van woorde bepaal moet word. Woordsoorte moet derhalwe as ’n middel tot ’n doel beskou word en nie ’n doel op sigself nie – ’n mening wat ook in die onderrigleerplan, die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring, gehuldig word.
Kry in die week ʼn versoek van ʼn gebruiker: Verduidelik bietjie vir ons waar die uitdrukking husse met lang ore vandaan kom. Wat is ʼn hus?