Is jou Afrikaanse spelling en woordeskat iets wat jou taaljuffrou die horries gee? Moenie bekommerd wees nie! Hulp is so naby soos jou selfoon.
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), in samewerking met VivA se skolebekendstellingsvennoot, Atterbury Trust, het ʼn Afrikaanse woordeboek-app ontwikkel. Laai eenvoudig die splinternuwe VivA-app af, en kry kitstoegang tot nie een nie, maar sewe van die beste Afrikaanse woordeboeke en woordelyste: die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS), CTexT® SkryfGoed Tesourus, CTexT® Skryfgoed Woordelys, Kuberwoordeboek, Entrepreneurskapwoordeboek, Voorsetselwoordeboek en Gesegdes.
Prof. Gerhard van Huyssteen, uitvoerende direkteur van VivA, verduidelik dat VivA se woordeboekportaal ʼn tesourus en ses verskillende woordeboeke bevat wat ʼn gebruiker in staat stel om woordbetekenisse, vertalings en sinonieme van woorde vinnig en maklik na te slaan. Die app bevat ook ander taaldienste soos om daagliks vir ʼn gebruiker ʼn interessante taal- of spelwenk te bied. Die app is vir iOS en Android ontwikkel en kan afgelaai word vanaf die Play Store en die App Store.
“Hoewel enigeen die app kan gebruik, rig VivA die app spesifiek op jongmense. Dit is vandag se skoolkinders en studente wat oor vyftig jaar steeds Afrikaans moet kan praat. VivA wil juis vir hulle die tegnologie gee om Afrikaans te kan gebruik,” verduidelik Van Huyssteen.
VivA gaan ʼn skolekompetisie vir hoërskoolkinders en hoërskole van stapel stuur op 17 Julie 2015 en die wenner sal op 18 September 2015 aangekondig word. Gaan stof bietjie ʼn Afrikaanse idioom of twee af, en stel dit op ʼn unieke manier visueel voor. Neem ʼn foto, teken ʼn prentjie of ontwerp jou skepping op die rekenaar. Jy kan selfs ʼn kort video maak! Stuur dan jou ontwerp vir VivA via Instagram met @viva_afrikaans en die hutsmerke #viva_afrikaans en #idioom. Onthou om jou #skoolnaam in te sluit.
Een graadelf- of graadtwaalf-leerder kan ʼn universiteitsbeurs losslaan ter waarde van R150 000, ook geborg deur die Atterbury Trust. Om vir die studiebeurs in aanmerking te kom, moet die leerling in graad 11 of 12 en by ʼn opvoedkundige instelling geregistreer wees. Die leerling mag vir enige studierigting van sy/haar keuse inskryf, maar hy/sy moet in Afrikaans studeer.
Daar kan weekliks lekker pryse gewen word. Tablette, selfone, T-hemde en ander koel pryse is op die spel.
Boonop kan die skool met die oulikste en oorspronklikste inskrywings R15 000 kontant wen met die komplimente van die Atterbury Trust.
Bepalings en voorwaardes: http://viva-afrikaans.org/skolekompetisie
VivA het ook kurrikulum gebaseerde lesplanne ontwikkel wat Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal onderwysers kan gebruik vir onderrigdoeleindes. Die lesplanne en memorandums sal vanaf 17 Julie 2015 afgelaai kan word vanaf die volgende skakel: http://www.viva-afrikaans.org/viva_lesplanne_skolekompetisie.zip
Onderwysers en skoolkinders word aangemoedig om van die VivA-app gebruik te maak wanneer die werkkaarte ingevul word.
“Ek glo dit is ʼn baie opwindende projek waaraan skole moet deelneem aangesien dit aan kinders en onderwysers die toerusting bied wat hulle kan help met Afrikaans,” het Van Huyssteen gesê.
VivA is ʼn navorsingsinstituut en diensverskaffer vir Afrikaans in digitale kontekste en is ʼn geregistreerde maatskappy sonder winsoogmerk. Die stigterslede van VivA is die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, ATKV, Dagbreek Trust, en Noordwes-Universiteit.
Vir meer inligting rakende die VivA-app of die skolekompetisie kan Marlie Coetzee gekontak word by 018 299 1020, of stuur ʼn e-pos deur Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Meer inligting
VivA se app | Kompetisie | |
VivA-app stel geselekteerde woordeboekinskrywings via 'n vanlyn app beskikbaar. Soek: “VivA-app” |
Wen ʼn universiteitsbeurs ter waarde van R150 000! |
10. Enigiemand met twee jaar se hoërskooltaalopleiding (of wat ʼn ouma het wat ʼn tweede taal magtig is) kan ʼn vertaler word.
9. ʼn Goeie vertaler het nie ʼn woordeboek nodig nie.
8. Daar is geen verskil tussen vertaling en tolking nie.
7. Vertalers gee nie om om teen geen ekstra vergoeding saans en naweke te werk nie.
6. Vertalers hoef nie te verstaan wat hulle vertaal nie.
5. ʼn Goeie vertaler se werk hoef nie geredigeer of geproeflees te word nie.
4. Vertaling is ʼn maklike manier om vinnig ryk te word.
3. Vertaling behels eintlik maar net die oortik van ʼn teks in ʼn ander taal.
2. Vertaling behoort gratis te wees – jy voer mos die teks net op Google Translate in.
En die grootste wanopvatting van almal:
1. Die bemarkingskopie waaraan 20 mense twee maande lank geswoeg het, kan oornag deur ʼn enkele persoon vertaal word en steeds dieselfde trefkrag as die oorspronklike hê.
Bron: http://www.sarahdillon.com/top-ten-misconceptions-about-translation-and-translators/
Vertaal deur Sophia Kapp