profile pic

Hoe kan 'n voël janfiskaal én laksman heet?

Saterdag 13 Januarie 2018 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

Vra voëlghoeroe-koekoekeloerder Sam de Beer via e-pos: “Ek is op soek na die herkoms van ʼn klompie Afrikaanse voëlname, spesifiek kemphaan, laksman, katakoeroe, nuwejaarsvoël en nimmersat. Party name lyk logies, maar is nie: Die nuwejaarsvoël is hier lank voor Nuwejaarsdag en broei ook nie oor dié tydperk nie. Ander name lyk maklik, maar ek is nie seker oor die Hollandse herkoms nie.”

Soos Afrikaanse plek-, berg- en riviername, is Afrikaanse plant- en diername getuienis van ons ryke hutspotwortels. Ons algemene woordeskat mag dalk oorwegend Diets wees, maar dis juis in die name van inheemse geplantes en gediertes wat ons duidelik sien hoe maklik Afrikaans by Khoi, Maleis, Portugees, Engels, Frans, Zoeloe, Xhosa, en so meer gaan leen.

LEES VERDER
profile pic

"Subliem" is 'n anglisisme, en ander wanopvattings

Vrydag 12 Januarie 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Dit is my werk (onder andere) om daagliks plasings op VivA se Facebookblad te maak. Sommer oor ditjies en datjies, maar darem so dat gebruikers daaruit iets leer en wys word, en dat VivA bietjie blootstelling daaruit kry. Ek kry heelwat positiewe terugvoer – onderwysers kyk na die plasings, druk dit uit en sit dit teen hulle klaskamermure op, mense stuur dit aan, gebruikers laat weet in kommentaar "Ek het nie geweet nie!"

Dis moeilik om te raai wat mense se verbeelding gaan aangryp en ek moet dikwels nogal spook om ʼn plasing te maak wat sal aftrek kry. Hoewel ons almal daagliks in taal werk en lekker vir taalflaters lag, is taal-as-onderwerp nie altyd die interessantste van onderwerpe nie. Hoe informatief is dit vir jou om oor die eerste koppie koffie van die dag te lees wat ʼn skakelwerkwoord of ʼn alveolêre frikatief is? Die meeste "gewone" gebruikers van Afrikaans wil daardie inligting so gou moontlik vergeet nadat hulle die stof van hulle skoolskoene afgeskud het; dis allermins wat hulle op sosiale media wil raaklees.

Die een ding wat ek weet dadelik werk, is die hele kwessie oor anglisismes. Dis soos om in ʼn vergadering te sê "daar is koek by die tee" of by ʼn familiesaamtrek saggies "testament" in jou ouma se suster se oor te fluister. Dis so goed jy gooi ʼn handgranaat in die gesprek in.

LEES VERDER
profile pic

Laat konteks bepaal wat is nommerpas

Saterdag 06 Januarie 2018 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

Honderd.

Dít is die syfer/nommer/getal/aantal/hoeveelheid rubrieke wat ek tot en met vandag vir Beeld geskryf het.

Watter een van die vyf keusewoorde is korrek in hierdie sinskonteks? Dink eers mooi na, voordat jy verder lees …

Ons kan hulle in twee groepies verdeel: (1) syfer, nommer en getal; en (2) getal, aantal en hoeveelheid.

LEES VERDER
profile pic

Voornemens vir nuwe jaar is net sê-nou-maar-sê

Saterdag 30 Desember 2017 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

Sê-nou-maar is ʼn lekker sê.

Dis tog al wat ʼn nuwejaarsvoorneme is: ʼn sê-nou-maar-sê.

Sê nou maar ek kon in 2018 Japan toe gaan.

Sê nou maar ek kon in 2018 elke dag twee uur lank in die gim spandeer.

Sê nou maar ek kon in 2018 my liefde vir koeksisters en sjokoladekoek (trouens, enige gebak!) in toom hou …

LEES VERDER

profile pic

Hou julle lekker vakansie? “Ons doen!”

Donderdag 28 Desember 2017 Geplaas deur VivA-redaksie

deur Fred Pheiffer

 

Wanneer dié taalverskynsel begin kop uitsteek het, sal ’n mens net met uitgebreide taalopnames kan vasstel, maar dit het waarskynlik ná die eeuwisseling begin. In navolging van Engelse uitdrukkings soos “I do” en “It does” het veral jonger Afrikaanssprekendes “Ek doen” en “Dit doen” begin sê. Dit kom neer op ’n uitbreiding van die sintaktiese rol van doen as werkwoord. Tradisioneel en konvensioneel was doen nog altyd en is doen steeds ’n oorganklike werkwoord. In ’n welgevormde sin benodig dit dus ’n komplement, hetsy ’n voorwerp (’n naamwoord) soos in “inkopies doen”, “sake doen” of “niks doen nie”, hetsy ’n bepaler (’n bywoord) soos in “uitstekend doen”. Derhalwe is ’n sin met doen sonder ’n komplement nie welgevormd nie.

Hoe dus nou gemaak met sinne waarin doen onoorganklik gebruik word? Iemand vra byvoorbeeld vir jou of jy van sjokolade met neute hou, en jy antwoord bevestigend: “Ek doen!” Of iemand merk op die hitte en droogte skroei alles droog, en jy stem saam: “Dit doen!” Taalpuriste sal dié soort verskynsel as volstrek anglisisties afmaak, en by elke geleentheid daarop wys en dit uit die taal probeer weer. Dat dit anglisisties is, kan nie ontken word nie. “Ek doen!” volg die Engelse patroon slaafs na en vervang in dié proses uitdrukkings soos “O ja!” of “Beslis!”, en “Inderdaad!” of “Dis nie altemit nie!”

LEES VERDER